Kan vas jou werk affekteer, oor lae bloedsuiker?

Kan vas jou werk affekteer, oor lae bloedsuiker? Deur Salomé Delport. Hooffoto: a_namenko/istock images

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Hierdie is artikel 3 in ’n reeks van 14 waar Salomé dagboek hou van haar vas-ervaring PLUS bykomende inligting verskaf.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Lees die artikel op bl. 60 in die September 2018-uitgawe en volg ons daaglikse artikels om meer uit te vind.

Lees ook: Kom vas saam met rooi rose

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Watter een van die soorte vas pas die beste by jou?

Kan vas jou werk affekteer, oor lae bloedsuiker?

Aand van die eerste dag van my 16/8 vas – glad nie bloumaandag nie!

Soos ’n ervare diëter skop ek my vasdieet af op ’n Maandag – wat die aand begin. Ek moet mos aandete eet, om uit te werk hoe tot laat ek die volgende dag toe moet vas. Makliker kan dit nie.

Daar was van Sondag se braaivleis oor – ook pastaslaai met baie groente daarin wat ’n naweekgas gebring het. Dit, saam met ’n tjoppie en ’n tamatie-babaspinasie-fetaslaai, is ’n fees. Teen 18h30 is ek klaar geëet. Vastyd is dus tot Dinsdagoggend 10h30.

Ek doen bietjie handwerk die aand en gou-gou is dit slaaptyd, sonder enige pyn en lyding. Ons eet in elk geval gewoonlik niks laataand nie. Maar hoe gaan ek môre-oggend hanteer? En die hongerpyne uitstaan tot teetyd? Ek het my energie nodig. Ek, soos die meeste van ons, moet kan fokus en produktief wees by die werk. Floutes, duiseligheid en swak konsentrasie pas niemand nie.

Vas en lae bloedsuiker

Dit is juis die kwessie van lae bloedsuiker wat my vantevore alle gedagtes aan ’n vas laat wegskuif het. Maar soos ek oplees en navorsing doen lyk dit my lae bloedsuiker is dalk ’n mite?

Dieetkundiges beveel in die reël aan dat ons elke drie, vier uur ietsie eet – verkieslik iets veselryk of ’n ete met proteïen wat ons lank versadig hou en so ons bloedsuikervlak stabiel hou. Dit keer dat jou insulien piek en val, wat mens honger maak.

Kenners van die vasdieet sien bloedsuiker heeltemal anders.  Dit lyk my dat jou bloedsuikervlak nooit val nie – tensy jy ’n diabeet is.

Jou bronne van energie as jou glukose/bloedsuiker val

Die kos wat jy eet word in glukose as jou energiebron omgesit, verduidelik dr. Mark Mattson van Johns Hopkins, een van die groot ghoeroes oor vas as leefwyse. Hy is wêreldbekend vir sy werk oor vasting in diere. Die glukose-energie wat jy nie dadelik verbrand nie word as glikogeen as ’n bron van vinnig beskikbare reserwe-energie. Dit word in jou lewer en spiere gebêre. As jy dit ook nie gebruik nie word dit in vet omgesit, as jou bron van gestoorde energie.

Jou liggaam het dus drie energiebronne, waarvan ten minste een altyd beskikbaar is:

  • Glukose in jou bloed (bloedsuiker) is die eerste lyn van energie.
  • As dit sak, skakel jou lewer glikogeen om in glukose, en stuur dit deur jou jou liggaam.
  • En as dit op is, begin jy vetjies verbrand.

Met ander woorde as jy weens vas niks gestoorde glukose/glikogeen in jou lewer en spiere oor het nie, begin jou liggaam dadelik en outomaties energie uit jou vetstore haal wat enige tekort aan glikogeen/glukose uitskakel.

Navorsing op atlete wat voor oefening gevas en nie gevas het nie wys dat hul bloedsuikervlakke tydens vastende en nie-vastende oefening dieselfde bly.

Perspektief op vas en lae bloedsuiker

Dit gebeur dus eenvoudig nie dat jou bloedsuiker na gevaarlik lae vlakke val nie.

Wat eintlik gebeur is dat jou bloedsuiker kan val van baie hoog na normaal-laag – wat net gesond is. Dit sal nie sommer te laag val nie. Dit is nou as jy gesond is, ekstra vet het om te verbrand en binne die grense van die 16/8 vas bly.

Maar oppas as jy ’n diabeet is – daarom dat ’n vasdieet nie vir diabete aanbeveel word nie. Gelukkig is ek nie ’n diabeet nie. Dit klink my of hongerpyne al potensiële krisis môre-oggend kan wees. Ek gaan slaap heeltemal tevrede.

Oor na jou

Hoe was jou eerste vasdag toe vir jou? Was jy honger? Was dit erg? Het jy flouerig gevoel, of nie? Vertel!

Groete  (met ’n koppie Five Roses-tee in die hand) – Salomé

Nota

As jy ’n diabeet is of dink dat jy dalk insulienweerstandig is of metaboliese sindroom het, al met anoreksie of bulimie gediagnoseer was of aan enige ander chroniese siekte ly, of lewer- of nierprobleme het moet jy liewer met jou dokter gesels voor jy enige vorm van vasting aanpak. Die vasdieet is ook nie geskik vir kinders, swanger vroue en bejaardes nie.

Deel
Gepubliseer deur
Salome Delport

Onlangse plasings

Geurige tamatie-en-wors-gebak

Geurige tamatie-en-wors-gebak. Resep deur Vickie de Beer   Lees ook: Geurige worsies met sampioene en…

5 mins Gelede

Gebakte Carbonara

Vir hierdie heerlike gebakte Carbonara druk jy die blokkies mozzarella tussen die pennepasta in! Resep…

9 mins Gelede

Ribollita

Ribollita is ’n Toskaanse sopbredie. Dit word soos ’n sop gemaak maar is so lekker…

27 mins Gelede

Kaas-en-Marmite-mosbolletjiebrood

Kaas-en-Marmite-mosbolletjiebrood deur Vickie de Beer. Foto: Lindy Kriek  

1 hour Gelede

Heerlike winterpastagebak

Hierdie heerlike pastagebak is genoeg vir 6 porsies.

1 hour Gelede

Hoe om ’n trae kind te motiveer

Menige ouer gooi hande in die lug oor ’n kind wat nie wil leer nie,…

3 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.