Vastend en kwaadhonger? Vas se effek op jou brein

Vastend en kwaadhonger? Vas se effek op jou brein deur Salomé Delport. Hooffoto: pexels

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Hierdie is artikel 9 in ’n reeks van 14 waar Salomé dagboek hou van haar vas-ervaring PLUS bykomende inligting verskaf.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Lees die artikel op bl. 60 in die September 2018-uitgawe en volg ons daaglikse artikels om meer uit te vind.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Tweede week: Dinsdag

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Ek moet 09h00 in die stad wees vir ‘n vergadering wat tot 11h00 aanhou. Ek staan o6h00 op en ry 06h30. Met die Kaapse weer en verkeer weet mens nooit hoe lank jy gaan ry nie, en dit is nie die soort vergadering waar mens maar laat kan wees nie.

Ek wonder oor kwaaigheid terwyl jy vas. Ek sien heelwat oor “hangry people” en “hangriness” – geïrriteerdheid weens honger. Dit is ook nie die soort van vergadering waar ek dof en moeilik kan wees nie.

Maar sover het die vasdieet my nie emosioneel omgekrap laat voel nie – eerder skerp.

(‘n Nota oor vas en hongerly: in ons land en in Afrika is daar baie hongerlydendes, ten spye van skoolvoedingsprogramme en armoedetoelae. Ek besef ten volle die ironie daarvan om te skryf oor vas as ‘n gesonde opsie. Vas as ‘n komponent van ‘n gesonde lewenstyl impliseer beslis nie dat hongerly weens armoede voordele kan inhou nie.)

Hoe affekteer vas konsentrasie en emosies?

Ek lees verder op en sien dat die kenners sê dat ‘n vasdieet party mense besonder skerp en energiek laat voel, terwyl ander geïrriteerd is, sukkel om te konsentreer, tam voel en heeltyd dink aan kos.

Dr Michelle Harvie en prof Anthony Howell van die Universiteit van Manchester skryf in ‘n 2017 oorsigartikel in Behavioral Sciences dat daar nog nie regtig duidelikheid daaroor is nie maar hulle indrukke uit hul kontak met vasters is dat dit lyk asof mense wat oorgewig is goed voel terwyl dié wie se gewig normaal is (en dus besig is om ondergewig te raak) meer geneig tot kwaadhonger is.

Dr Mark Mattson van Johns Hopkins en nog ‘n wêreldbekende navorser oor vasting, sê hy merk dikwels dat mense die eerste paar dae geïrriteerd is. Dit ís ‘n groot skok vir jou liggaam en ‘n sosiale aanpassing. Maar hy sê mense pas binne ‘n maand goed aan.

By die vergadering is ek so skerp as wat kan kom. Ek het vir seker genoeg vetjies …

Vas en studente wat eksamen skryf

Durf studente en tieners wat voorberei vir eksamens en skryf vas? Kan ‘n vas veroorsaak dat jy swak in toetse doen? Die brein gebruik immers glukose as sy brandstof. Hy kan glad nie self glukose vervaardig nie; dit moet uit die bloed opgeneem word; en daarom kan lae bloedsuiker akademiese prestasie erg benadeel.

‘n Vinnige kykie op Pubmed lewer interessante perspektief. Daar is baie materiaal maar hierdie een het die effek van die Ramadaan-vas op die fisieke en intellektuele vermoëns van agtien Moslematlete ondersoek. Atlete moet nie net fisies hul beste kan gee nie maar ook intellektueel skerp wees om vinnig te reageer.

Die bevindings? Die tyd van die dag het beslis ‘n effek.  Die vastende atlete was teen 09h00 die oggend effens meer op en wakker en kon vinniger reageer as hul nie-vastende eweknieë. Teen die middag 16h00 was hul kognitiewe vermoëns egter beduidend laer. Hulle kon byvoorbeeld nie so goed die items op ‘n inkopielys onthou as die nie-vastendes. Teen laatmiddag het die vastendes swakker gevaar ten opsigte van hul psigomotoriese reaksies, en hul verbale en visuele vermoe om te leer. Hul korttermyn geheue het nie verander nie. Hulle was ook kouliker.

Lyk dit asof ‘n vas en eksamens kan werk as jy in die oggend skryf – en nie werk nie as jy in die middag of aand eksamen skryf? Dalk moet jy dan ook net in die oggend studeer? Ek sal versigtig wees vir ‘n direkte toepassing van hierdie bevindings. Mense verskil te veel van mekaar dat jy kan aanvaar dat die waarnemings van een klein groepie noodwendig van toepassing op jou ook sal wees. Aan die ander kant as jy al maande of jare lank vas as deel van ‘n goed gevestigde leefstyl kan jy dit uittoets. Maar ek self sou nie – waarom jou brein onder ekstra stres sit deur hom van glukose weg te hou wanneer jy juis superprestasie van hom verwag?

Oor na jou

Nou jou beurt: is jy kwaadhonger en iesegrimmig? Skerp en gemaklik?

Vriendelike groete!  Salomé

Lees ook

Nota

As jy ‘n diabeet is of dink dat jy dalk insulienweerstandig is of metaboliese sindroom het, al met anoreksie of bulemie gediagnoseer was of aan enige ander chroniese siekte ly of lewer- of nierprobleme het moet jy liewer met jou dokter gesels voor jy enige vorm van vasting aanpak. Die vasdieet is ook nie geskik vir kinders, swanger vroue en bejaardes nie.

Deel
Gepubliseer deur
Salome Delport

Onlangse plasings

Is jy dalk uitgebrand? Toets jouself

Toets 1 Ek voel emosioneel dood. Dit is asof ek my werk en my kollegas op…

9 hours Gelede

6 oefeninge wat snork stop sit

Ons snork omdat ons keelweefsel pap raak. Spiere wat nie gebruik word nie raak pap…

10 hours Gelede

5 dekorflaters om te vermy

Dit is nie altyd maklik om jou eie huis te versier nie. Ons het gaan…

10 hours Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met André de Villiers oor nuwe seisoen van ‘4×4 Met André’

Maak jou reg vir ’n onvergeetlike Namibiese 4x4-avontuur met die bekende 4x4-spesialis, André de Villiers.…

10 hours Gelede

Marciel groet vanjaar ‘Boer soek ’n vrou’

In ’n eksklusiewe onderhoud met Landbouweekblad het die Boer soek ’n vrou-aanbieder Marciel Hopkins onthul…

12 hours Gelede

6 maniere om griep te klop

Griep is winter se lewenslange vennoot. Sodra die koue tref, kan jy maar seker wees…

1 day Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.