Alles wat jy moet weet oor vas en insulienweerstandigheid deur Salomé Delport. Foto: pixabay
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }
Hierdie is artikel 11 in ’n reeks van 14 waar Salomé dagboek hou van haar vas-ervaring PLUS bykomende inligting verskaf.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }Lees die artikel op bl. 60 in die September 2018-uitgawe en volg ons daaglikse artikels om meer uit te vind.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }
Vierde week, Woensdag
Daar is baie wat die wetenskap nog nie oor eetlus en insulien verstaan nie. Die verduideliking wat hier volg is geensins bedoel om volledig te wees nie. Dit gee net ‘n bietjie van ‘n idee hoe dit moontlik werk, baie eenvoudig gestel:
Die kos wat jy eet word omgesit in glukose. Soos jy weet gebruik jou liggaam glukose as sy energiebron. Maar die glukose in jou bloed moet binne-in jou selle inkom voordat jou selle dit kan gebruik – bietjie soos die petrol binne in jou motor moet kom voor jou motorenjin dit kan gebruik. Dit is juis insulien se rol: dit “stoot” die glukose in jou selle in.
Jou insulienvlakke styg en val normaalweg so:
As jy egter heeltyd te veel eet, verander jou insulienvlakke so:
Die voordeel van die vasdieet (enige variant) is dat jou bloedglukose gereeld verlaag, sodat jou insulienvlakke ook behoorlik verlaag. Dit behoort te help dat jou selle sensitief bly vir insulien.
Ek dink persoonlik – en ek baseer dit net op my eie ervaring en interpretasie daarvan – dat die gebruiklike diëte wat op koolhidrate staat maak my insulienvlakke te maklik prikkel om te styg, en my daarom heeldag honger hou. Vir my werk ‘n 16/8 vas baie beter.
‘n Dieetkundige wat nie betrokke wil raak nie gebruik meringue van alle dinge om die “feite” soos ek dit aan my eie lyf voel in perspektief te stel:
Soos jy waarskynlik weet is daar drie tipes meringue:
Switserse en Italiaanse meringue lyk soos ‘n dik, marshmallow-agtige versiersuiker. Die Italiaanse een is dikker en digter; en die Switserse een is gladder en blinker. Hierdie twee soorte meringues kan net so as basis gebruik word vir versiering of vulsels van koeke en so aan.
Die punt wat sy wil maak is dat aldrie resepte presies dieselfde bestanddele gebruik: eierwitte en suiker. Die verskillende metodes gee jou egter verskillende eindprodukte.
Net so met die ‘bestanddele’ van jou dieet. Al eet jy op die ou end presies dieselfde kos terwyl jy 18/6 vas as wat jy sou eet op die gewone gesonde koolhidraatdieet, gaan die twee elkeen op sy eie manier jou bloedsuiker beïnvloed.
‘n Vas gaan jou bloedsuiker heeltemal verlaag, wat jou selle meer sensitief vir insulien maak – ‘n goeie ding, aangesien jou selle “doof” raak vir insulien as jou bloedsuikervlakke altyd hoog bly. Die gewone koolhidraat-gebaseerde dieet hou egter jaar in jaar uit jou insulienvlakke taamlik konstant, sodat jy nie jou insuliensensitiwiteit verloor nie.
Altwee eetpatrone kan jou sensitiwiteit vir bloedsuiker in stand hou.
Maar, sê sy, daar is nie groot bevolkingsondersoeke wat bewys dat die vasdieet jou insuliensensitiwieit verbeter nie, en daarom kan sy nie aanbeveel dat ons almal vas nie. Daar is wel goeie ondersoeke wat wys dat jou insulienvlakke konstant bly as jy drie tot vyf keer per dag onverfynde koolhidrate (soos veselryke ontbytpap, growwe brood en groente) eet.
Verder glo sy nie dat jy juis gaan gewig verloor as jy op jou nie-vasdae ooreet nie. “Mense verloor gewig as hulle minder kilojoules inneem en/of meer aktief is.”
Ek wonder wat jy ervaar? Raak jy honger en moeg as jy vas? Hoe affekteer die vasdieet jou bloedsuiker?
Groete! Salomé
Lees ook
Nota
As jy ‘n diabeet is of dink dat jy dalk insulienweerstandig is of metaboliese sindroom het, al met anoreksie of bulimie gediagnoseer was of aan enige ander chroniese siekte ly of lewer- of nierprobleme het moet jy liewer met jou dokter gesels voor jy enige vorm van vasting aanpak. Die vasdieet is ook nie geskik vir kinders, swanger vroue en bejaardes nie.
Deur Thinus Ferreira. Foto's: Verskaf. Dié aantreklike plaasseun en safarigids van Simmenau, sowat…
Hierdie beduidende kontantvoordeel word volgens die AVBOB-raad se goeddunke uitgereik en is die sesde spesiale…
Om ’n goeie verhouding met tieners te hê, was nog nooit maklik nie, maar in…
Skop die nuwejaar af met dié heerlike vars slaaie! Resepte deur Vickie de Beer
Deur Rentia Mynhardt. Foto’s: Verskaf Om ma en dogter op papier te wees is…
Oudword is onvermydelik. Dit is dus belangrik om voorbereid te wees op wat kom deur…
Hierdie webwerf gebruik koekies.