Vars vye-en-beet-slaai

Vars vye-en-beet-slaai deur Vickie de Beer, bygestaan deur Gillionelle Kaba. Foto’s deur Lee Schwagele van crphotography.co.za

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Bestanddele

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }
  • 350 g bababeet, deeglik gewas
  • 400 g vars vye, in dun skywe gesny
  • 100 g gemengde babakruieblare, gewas en met handdoekpapier drooggeklad
  • 100 g bokmelkkaas, in 6 ringe gesny
  • 125 ml (½ k) bloubessies

Slaaisous

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

  • 15 ml (1 e) olyfolie
  • 30 ml (2 e) balsemiekasyn
  • 5 ml (1 t) heuning
  • 2,5 ml (½ t) Dijon-mosterd
  • sout en gemaalde swartpeper

Metode

  1. Kook die beet in ’n middelslagkastrol tot sag en gaar. Dreineer en laat effens afkoel. Trek die skilletjies af en sny die beet in dun ringe. Hou eenkant.
  2. Meng die olyfolie en balsemiek, heuning en mosterd in ’n bakkie en geur met sout en swartpeper.
  3. Pak die slaai op ’n mooi opdienbord uit. Sit eers die kruieblare op die bord en pak dan die beet en vye liggies daarop.
  4. Strooi die bokmelkkaas en bloubessies oor en sprinkel laastens die slaaisous oor.

Deel
Gepubliseer deur
Catherine Schenck

Onlangse plasings

10 dinge wat met jou vel gebeur soos wat jy ouer word

Oudword is onvermydelik. Dit is dus belangrik om voorbereid te wees op wat kom deur…

15 hours Gelede

Wanneer seks seer is… | Wat is die oorsake en behandelingsmoontlikhede?

Deur Mariette Snyman       “Pynlike seks is ongelukkig iets wat ek daagliks in die…

16 hours Gelede

Koop MSI se terug-skool-toe-aanbiedinge!

    Koop MSI se terug-skool-toe-aanbiedinge hier!     Modern 14 F13MG      Kleinhandelaar:…

20 hours Gelede

Bernice West oor ouerskap: ‘Daar is nie woorde nie…’

Foto's: Instagram/Bernice West   Die Suid-Afrikaanse sangeres Bernice West en haar man, Jannes Erasmus, het…

2 days Gelede

5 vinnige visresepte vir aandete

Aan die einde van ’n lang dag het mens nie lus vir ure voor die…

2 days Gelede

Mango-en-klapper-yskastert met pynappelgranita

Die nuwe kaaskoek! Ons Suid-Afrikaners hou mos van ’n lekker yskastert. Maar ongelukkig is dit…

5 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.