Genoeg vir 250 ml
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }• 100 g (sowat 2 middelslag) bete, skoongeskrop
• 220 g blomkool, in blommetjies gesny
• 30 ml (2 e) olyfolie
• sout en swartpeper
• ’n 400 g-blikkie cannellini-bone, gedreineer
• uitgedrukte sap van 1 lemmetjie
• 15 ml (1 e) tahini
• 5 ml (1 t) fyn gekapte knoffel
• 5 ml (1 t) komyn, fyn gemaal
1 Voorverhit die oond tot 200 °C.
2 Pak die beet en blomkool in ’n oondpan, sprinkel die olyfolie oor en geur met sout en swartpeper.
3 Rooster die groente vir 30-35 min. of tot goudkleurig en gaar.
4 Haal uit en laat afkoel.
5 Verwerk die beet, blomkool, bone, lemmetjiesap, tahini, knoffel en komyn saam in die bak van ’n voedselverwerker tot glad.
6 Geur met sout en swartpeper en skep in ’n opdienbakkie.
Genoeg vir 250ml
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }• 220 g broccoli, in blommetjies gesny
• 250 ml (1 k) bevrore klein ertjies (petit pois)
• 125 ml (½ k) volroomjogurt
• hand vol spinasie
• groot hand vol kruisement
• 15 ml (1 e) fyn gekapte knoffel
• 7,5 ml (1½ t) fyn gekapte groen brandrissie
• sout en swartpeper
1 Blansjeer die broccoli en ertjies vir 2 min. in ’n groot kastrol met kokende, gesoute water. Dreineer en dompel dadelik in ’n middelslagbak met yswater.
2 Verwerk die broccoli, ertjies, jogurt, spinasie, kruisement, knoffel en brandrissie saam in ’n voedselverwerker tot glad.
3 Geur met sout en swartpeper en skep in ’n opskepbakkie.
Genoeg vir 250 ml
• 200 g klein wortels, geskil
• 30 ml (2 e) olyfolie
• sout en swartpeper
• ’n 400 g-blikkie keker-ertjies
• 15 ml (1 e) fyn gekapte gemmer
• 15 ml (1 e) tahini
• 5 ml (1 t) fyn gekapte knoffel
• 5 ml (1 t) vinkelsaad, fyn gemaal
1 Voorverhit die oond tot 200 °C.
2 Pak die wortels op ’n oondpan. Sprinkel olyfolie oor en geur met sout en swartpeper. Rooster die wortels vir 30-35 min. of tot goudkleurig en gaar.
3 Verwerk die wortels, keker-ertjies, gemmer, tahini, knoffel en vinkelsaad saam in ’n voedselverwerker tot glad.
4 Geur met sout en swartpeper indien nodig.
Genoeg vir 6
Kyk, ’n blaar was nog nooit so lekker nie! Ons het die resep by die Marigold-restaurant op Franschhoek gebedel en dit toe ’n bietjie vereenvoudig.
Showmax se gewilde werklikheidsreeks, The Mommy Club: Van die Hoofstad bied ’n vars, maar soms…
Deur Maryke Roberts. Foto’s: Clifford Roberts Creation het ook pas by die Eat…
Lewer 1 groot koek Bestanddele Karamel met sout 200 g suiker 60 ml…
Die 22ste Suidoosterfees word ingelui deur ’n indrukwekkende konsert van populêre en klassieke musiek. Anna…
Hooffoto: Stavros Cassapis Sedert die eerste episode van Niggies op kykNET uitgesaai is, het…
Adri Joubert was vir twee dekades die koel, kalm, gerusstellende gesig en stem van die…
Hierdie webwerf gebruik koekies.