Serves:Genoeg vir 4Nutrition facts:200 calories20 grams fat
Ingredients
1 bossie stingeluitjies, gekap
1 middelslagaartappel, geskil en in blokkies gesny
1 knoffelhuisie, gekneus en fyn gekap
850 ml (31/2 k) groente- of hoenderaftreksel
250 g ertjies
’n groot hand vol (2 pakkies) kruisement, gekap
’n groot hand vol (2 pakkies) basiliekruid, gekap
15 ml (1 e) suurlemoen- of lemmetjiesap
’n groot knypie strooisuiker
65 ml (1/4 k) karringmelk of suurroom
sout en gemaalde swartpeper
Instructions
1 Bring die uitjies, aartappels, knoffel en aftreksel in ’n middelslagkastrol tot kookpunt. Verlaag die hitte en prut vir 15 min. of tot die aartappels sag is. 2 Blansjeer 45 ml (3 e) ertjies vir 2-3 min. in kookwater en dreineer. Sit in ’n bak koue water en hou eenkant. 3 Voeg die oorblywende ertjies by die aftrekselmengsel en prut vir nét 5 min. - anders gaan die geur en kleur van die ertjies verlore. 4 Roer die kruisement, basiliekruid, suurlemoen- of lemmetjiesap en suiker by. Laat effens afkoel en verpulp in ’n voedselverwerker of versapper tot glad. Syg dit deur ’n sif as jy ’n dunner sop verkies. 5 Roer die helfte van die karringmelk of suurroom by en geur goed met sout en swartpeper. 6 Garneer met die geblansjeerde ertjies en oorblywende suurroom of karringmelk. Die sop is heerlik warm of koud.