1 Bring die uitjies, aartappels, knoffel en aftreksel in ’n middelslagkastrol tot kookpunt. Verlaag die hitte en prut vir 15 min. of tot die aartappels sag is.Vars ertjie-en-kruisement-sop
Ingredients
Instructions
2 Blansjeer 45 ml (3 e) ertjies vir 2-3 min. in kookwater en dreineer. Sit in ’n bak koue water en hou eenkant.
3 Voeg die oorblywende ertjies by die aftrekselmengsel en prut vir nét 5 min. - anders gaan die geur en kleur van die ertjies verlore.
4 Roer die kruisement, basiliekruid, suurlemoen- of lemmetjiesap en suiker by. Laat effens afkoel en verpulp in ’n voedselverwerker of versapper tot glad. Syg dit deur ’n sif as jy ’n dunner sop verkies.
5 Roer die helfte van die karringmelk of suurroom by en geur goed met sout en swartpeper.
6 Garneer met die geblansjeerde ertjies en oorblywende suurroom of karringmelk. Die sop is heerlik warm of koud.