Koop 12 goeie varkworsies en druk die vleis uit die derms vir vinnige frikkadelle.
- Braai 1 gekapte ui, 3 gekapte seldery-stingels, 3 grof gerasperde wortels en 30 ml gekapte knoffel tot sag in 30 ml olyfolie.
- Voeg die worsiefrikkadelle by en braai bruin.
- Gooi 2 blikkies heel, geskilde tamaties en 2 lourierblare by en geur met sout. Kook vir 15 minute.
- Sit op pasta voor.