Varkworsies met gekaramelliseerde uie en kapokaartappels
Serves: 4
Nutrition facts:
200 calories
20 grams fat
Ingredients
- 500 g gehalte-varkworsies (bangers)
- 2 knoffelhuisies
- ’n paar salieblare (opsioneel)
- 30 ml (2 e) olyfolie
- 2 kg aartappels, geskil
- 300 ml melk
- 70 g botter
- sout en swartpeper
- Uie
- 4 rooi uie
- 15 ml (1 e) olyfolie
- 60 ml (¼ k) balsemiekasyn
- 2 e botter
- 60 ml (¼ k) tamatiepassata (fyn gemaakte tamaties, kry dit by die geblikte tamaties in die supermark, dis gewoonlik in bottels)
Instructions
Voorverhit die oond tot 200 C.
- Begin met die kapokaartappels. Kook die aartappels in gesoute kookwater tot sag. Dreineer en druk fyn, meng die melk en botter deur die aartappels. Geur met sout en peper. Hou eenkant.
- Worsies: Sny met ’n skerp mes kepe in elke worsie. Kap die knoffel en salie fyn en rol elke worsie in die mengsel.
- Pak die worsies op ’n bakplaat, sprinkel die olyfolie oor en rooster die worsies in die oond tot goudbruin.
- Maak intussen die uie. Sny die uie oorlangs in dun skyfies en soteer in ’n middelslagpan tot sag. Voeg die balsemiekasyn by en kook dit af tot dik en stroperig. Voeg die botter en die tamatiepassata by en roer deur.
- Sit die kapokaartappels met die worsies en gekaramelliseerde uie voor.
Vickie de Beer
Lees Meer
Geroosterde aartappel-en-spek-slaai
19/12/2024
Vinnige salmpasta
18/12/2024