Serves:Genoeg vir 6Nutrition facts:200 calories20 grams fat
Ingredients
Varklies
• 1,5 – 2 kg varklies, sonder been
• 30 ml (2 e) Dijon-mosterd
• 30 ml (2 e) vinkelsaadjies
• 10 ml (2 t) seesoutvlokkies soos Maldon
• 1 heel vinkelknol met takkies aan, in die lengte in 3-4 dele gesny
• 1 groot ui, geskil en in dik ringe gesny
• 30 ml (2 e) olyfolie
• 250 ml (1 k) goeie hoender- aftreksel
Blomkool
• 1 ui, gekap
• 1 knoffelhuisie
• 60 g botter
• 60 ml (¼ k) olyfolie
• 1 heel blomkool, in blommetjies gebreek
• 2 lourierblare
• 250 ml room
• Sout
Instructions
1 Verhit die oond se temperatuur tot 160 ˚C. 2 Smeer die vleiskant (die kant sonder die vet) van die varklies met die mosterd en strooi die vinkelsaad en sout oor. 3 Sit die vinkel (die knol en takkies) en die uieringe in ’n groot oondpan. Sprinkel die olyfolie oor. Gooi die aftreksel in die pan en sit ’n draadrakkie oor alles. 4 Sit die varklies vetkant na bo op die rakkie. 5 Maak met foelie toe bak vir 1½ uur. Haal uit en haal die foelie af. Dit is maklik om in hierdie stadium kepe in die vet te sny. Die vet is baie taai as dit rou is maar murgsag ná die stoomsessie.
Maak intussen die blomkool
1 Braai die ui en knoffel oor matige hitte in die botter en olie tot sag en deursigtig. Gooi die blomkool en lourierblare by en braai tot goudkleurig. 2 Voeg die room by en kook die room af tot die blomkool sag is en die sous effens verdik. 3 Haal die lourierblare uit, geur na smaak met sout, en verwerk tot glad in ’n voedselverwerker, of met ’n stokmenger. 4 Verhoog die temperatuur tot 200 ˚C. 5 Rooster die varklies vir nog 30 min. of tot die vet begin bros raak en krakeling vorm. 6 Haal uit, laat rus vir 7-8 min. en sny dan in skywe. Sit met die romerige blomkool voor.