Serves:Genoeg vir 4-6Nutrition facts:200 calories20 grams fat
Ingredients
45 ml (3 e) olyfolie
2 uie, gekap
2 wortels, gekap
2 selderystingels, gekap
2 knoffelhuisies, fyn gekap
1,2 kg varkblad, ontbeen en fyn gemaal
sout en gemaalde swartpeper
250 g pancetta of dik spek, in stukkies gesny
30 ml (2 e) vinkelsade
90 ml tamatiepasta
2 x 410 g-blikke heel geskilde tamatie
500 ml (2 k) rooiwyn
bouquet garni: 'n paar takkies pietersielie, salie en 2 lourierblare met kombuistou gebind
Instructions
1 Volg stap 1 en 4 van die Klassieke ragù à la bolognese maar laat die lewertjies weg en voeg die vinkel by. 2 Verhit die oond tot 140 °C. Gooi die gebraaide groente, blikkies tamatie, rooiwyn en bouquet garni by die vleis in die oondpan, bedek met foelie en prut stadig vir 2-3 uur oor lae hitte tot die vleis sag is.
Dien so op: Koolfrikkadelle
1 Braai 1 ui en 5 ml gekapte knoffel in 'n klein kastrol, gooi 1 blik heel, geskilde tamaties by en druk met 'n vurk fyn. 2 Gooi 125 ml hoenderaftreksel, 'n hand vol babatamaties en 'n paar basiliekruidblare by en kook vir 5-6 min. 3 Gooi die warm sous in 'n oondvaste bak. 4 Blansjeer 12 babakoolblare en sit die helfte van die koolblare op die sous. 5 Skep 45 ml (3 e) van die varkblad-ragù in elke blaar en maak elke koolbakkie met die res van die blare toe. 6 Bak vir 10-15 min. by 200 °C.