Rol die blaardeeg effens dunner uit op ’n meelbestrooide werkvlak. Sny die deeg oorlangs in dun repies van 1/2 cm breed. Rol elk van die repies in ’n lang, dun worsie uit en rol die punt tot omtrent in die middel op sodat dit soos ’n varingtakkie lyk.
Sit die deegstokkies op die bakplaat en verf met eiergeel. Strooi die growwe sout en sesam- en papawersaad oor.
Verlaag die oondtemperatuur tot 180 °C en bak vir ±10 min. tot goudbruin. Haal uit en laat op ’n draadrakkie afkoel.