Varingblaartjies
Serves: 50
Nutrition facts:
200 calories
20 grams fat
Ingredients
- 400 g klaarbereide blaardeeg
- 1 eier, liggies geklits
- growwe sout
- 60 ml (1/4 k) sesamsaad
- 60 ml (1/4 k) papawersaad
- Voorverhit die oond tot 200 °C.
Instructions
Spuit ’n bakplaat met kleefwerende kossproei.
- Rol die blaardeeg effens dunner uit op ’n meelbestrooide werkvlak. Sny die deeg oorlangs in dun repies van 1/2 cm breed. Rol elk van die repies in ’n lang, dun worsie uit en rol die punt tot omtrent in die middel op sodat dit soos ’n varingtakkie lyk.
- Sit die deegstokkies op die bakplaat en verf met eiergeel. Strooi die growwe sout en sesam- en papawersaad oor.
- Verlaag die oondtemperatuur tot 180 °C en bak vir ±10 min. tot goudbruin. Haal uit en laat op ’n draadrakkie afkoel.
Rooi Rose
Lees Meer
5 vinnige varkvleisresepte vir aandete
06/01/2025
Vinnige salmpasta
18/12/2024