kategorieë: TrendsMode

Vanjaar se Met Gala-tema bekendgemaak

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Die tema vir 2024 se Met Gala is onthul as ‘The Garden of Time’, wat aansluit by vanjaar se oorkoepelende Met Gala-tema en uitstallingskonsep, ‘Sleeping Beauties: Reawakening Fashion,’

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Die geleentheid, wat tot voordeel van die Metropolitan Museum of Art se kostuuminstituut strek, sal op 6 Mei plaasvind.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Die uitstalling sal gelei word deur mede-gashere; Bad Bunny, Chris Hemsworth, Jennifer Lopez, Zendaya, en Vogue se Anna Wintour. Volgens Vogue is die doel om “mode te vier wat so delikaat is dat dit nooit weer gedra sal kan word nie” met argiefkostuums van die Costume Institute, wat deur Andrew Bolton saamgestel is.

Volgens die Metropolitan Museum of Art sal die ‘Sleeping Beauties’-uitstalling tradisionele sprokies beklemtoon, en die natuurlike wêreld verken deur die 17de-eeuse Elizabethaanse-era lyfie, en konsepte van broosheid en verval balanseer. Moderne, minder delikate stukke sal langs die argiefstukke vertoon word, opgedeel in drie subkategorieë: Land, See en Lug.

Die uitstalling, wat die dag van die Met open, sal tot September 2024 duur.

Die kleredragtema van 2024 se Met Gala, genaamd ‘The Garden Of Time’ sal inspirasie uit die uitstalling sowel as die skrywer J.G. Ballard se kortverhaal met dieselfde naam, put.

Die uitgekose gaste het nou die taak om hierdie tema te interpreteer, en die kortstondige skoonheid van mode met die onverbiddelike verloop van tyd met hul uitrustings uit te beeld. The Garden Of Time verteenwoordig die konsep van vlietende skoonheid en dien as ‘n aangrypende herinnering aan mode se verbygaande aard.

Ons sien uit na die aand se verbeeldingryke en waaghalsige uitrustings. Met so ’n tema, is daar vrye teuels.

Lees ook: Margaret se Wêreld: Die 30ste Screen Actors Guild-toekennings

Deel
Gepubliseer deur
Karlien Meiring

Onlangse plasings

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met Kristen Raath oor ‘Niggies’ en ma-wees op skerm

Hooffoto: Stavros Cassapis   Sedert die eerste episode van Niggies op kykNET uitgesaai is, het…

1 hour Gelede

PAS BEKEND | Nuwe kykNET-reeks verken dramas en intriges van nuuskantoor

Adri Joubert was vir twee dekades die koel, kalm, gerusstellende gesig en stem van die…

4 hours Gelede

‘Kokkedoor Vuur & Vlam’: Kreatiewe verskille kelder een van die spanne

Daar het ook ’n spesiale gas opgedaag – dié keer was dit Jess van Dyk…

17 hours Gelede

Pampoenbredie

Genoeg vir 4 Bestanddele   15 ml (1 e) olyf- of avokado-olie 1,5 kg lamsvleis…

1 day Gelede

Voltooi jou kuier in Kaapstad met ’n ete by Marble Cape Town

Die ergste toeriste-gedruis na al die langnaweke het effe bedaar, die kole suis gesellig en…

2 days Gelede

Darren Scott op ‘Laataand by Rian’: “As ek nie kan praat nie, kan ek nie werk nie”

Die emosie het met tye hoog geloop toe Rian van Heerden die radio-legende Darren Scott…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.