Vanielje-en-bessie-pannekoeke
4 porsies
Bestanddele:
2 eiers
1 t vanieljegeursel
1½ k karringmelk
¼ k strooisuiker
2 k bruismeel
½ t koeksoda
40 g botter
250 g aarbeie, gehalveer
200 g frambose
Versiersuiker vir strooi
Metode:
- Meng eiers, vanieljegeursel, karringmelk en suiker saam in bak. Sif meel en koeksoda by en klits tot goed gemeng.
- Smelt 1 t van botter in braaipan. Gooi ⅓ k van beslag in pan en bak pannekoek vir 2 minute of totdat borrels op oppervlak verskyn. Draai om en bak die ander kant tot bruin. Haal uit pan en herhaal tot jy genoeg het.
- Bedien saam met bessies en strooi bietjie versiersuiker oor.
Wenk: Die karringmelk in hierdie resep reageer op die koeksoda en dit help om die pannekoeke te laat rys.
Hooffoto: Aremediasyndication.com.au/magazinefeatures.co.za