kategorieë: Ontspanning

Vanaand op ‘Een keer om die son’

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Een keer om die son, volg die lief en leed van een familie oor die loop van ’n kalenderjaar. Elk van die twaalf episodes beeld ’n maand in hulle lewe uit. Daar is ook terugflitse om te wys hoe hulle beland het waar hulle is. Die reeks vertel die verhaal van ’n gesin wat op die oog af gelukkig lyk. Ruan van Wyk is ’n neurochirurg en is getroud met Lani van Wyk. Hulle is die ouers van drie kinders: Markus, wat in matriek is, die 15-jarige Leandri, en Sophia wat 8-jaar oud is. Amé Cloete is Ruan se suster en ’n suksesvolle finansiële bestuurder. Sy is getroud met Joshua Cloete, die eienaar van ’n kunsgalery. Ruan en Amé se ouers is Sebastian, ’n insekkunde-professor, en Elma wat ’n tuisnywerheid besit.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Maar dan tref ’n tragedie die familie wat tergende vrae opwerp, en alles verander oornag.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Lees ook: Vyf redes waarom ‘Een keer om die son’ ‘n moet-kyk is

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Een keer om die son is 12 episodes waarvan elke episode ’n enkele maand in die lewe van die Van Wyk-familie uitbeeld. Januarie het afgeskop met ’n verrassende oujaarsaand waar Elma (Joanie Combrinck) aangekondig het dat sy en haar man, Sebastian (Albert Maritz) gaan consciously uncouple. Hierdie nuus was vir die hele familie ‘n groot skok.

Dis ook in Januarie wat die tragedie van Lani (Jana Kruger) se onverwagse afsterwe die familie tref en hulle wêreld onderste bo draai. Lani se leemte is duidelik in elke familielid se lewe en maak dit moeilik vir Ruan (Jacques Bessenger) om weer werk bo sy familie te kies!

Die Van Wyk-kinders, Markus (Liam Bosman), Leandri (Alma van Heerden) en Sophia (Klara van Zyl), was die meeste geraak deur hul ma se afsterwe. Leandri was bewilderd deur ’n nommer wat sy op haar ma se selfoon gekry het. Wie is E Maree?

Ruan sukkel om kop bo water te hou en vra Amé (Donnalee Roberts) om te help met Lani se boedel. As Leandri met haar die nuus oor die geheimsinnige E Maree deel, is daar meer vrae as antwoorde. Was Lani regtig ontrou aan haar man en gesin soos Leandri dink? Of is daar ander geraamtes in haar kas waarvan niemand geweet het nie? Leandri vra haar tannie Amé om te help agter die kap van die byl kom.

Ná Joshua (Ludwig Binge) se teleurstellende kunsuitstalling kom die kunstenaar Sage (Amalia Uys) in die prentjie en haar uitstalling is ’n reuse sukses, maar kom met ’n prys.

Bowenal die sterbelaaide hoofrolverdeling sluit die dramareeks nog top akteurs in ondersteunende rolle in.

Susanne Beyers en Pierre van Pletzen is Salie en Jan Wessels, Sebastian en Elma se goeie vriende. Alex van Dyk is Xavier, 17 jaar oud en in graad 11. Hy is die cool kid op skool, steur hom glad nie aan reëls nie en het ’n oog op Leandri. Ander spelers sluit in Simone Neethling as Charlie, die leier van die dansgroep, Lee-Ann van Rooi as dr. Beth Hendricks, hoof van neurochirurgie, Adriaan Havenga as dr. Jean Petersen, wat besig is met sy opleiding as neurochirurg, Bennie Fourie as Coach Cilliers, Antoinette Louw as Juffrou Marianne, Sophia se graad 2-juffrou, en Amalia Uys as die kunstenaar Sage Jones.

Een keer om die son wys vanaand om 20:00 op kykNET, DStv-kanaal 144. Episodes sal ook op Catch Up op DStv Stream beskikbaar wees.

Lees ook: 10 redes waarom jy die Julie-uitgawe van rooi rose móét lees!

Deel
Gepubliseer deur
Karlien Meiring

Onlangse plasings

6 maniere om griep te klop

Griep is winter se lewenslange vennoot. Sodra die koue tref, kan jy maar seker wees…

3 hours Gelede

Villa Rosa-ster nou in Suidooster: ‘Die poppe gaan dans…’

Die aktrise Elsje Slabbert, alom bekend vir haar rol as Carina Rautenbach in die destydse…

6 hours Gelede

Ons 6 gunsteling-resepte vir sjokoladekoek

Bak vir ’n slag die heerlikste sjokoladekoek! Hier is ons 5 gunsteling-resepte vir sjokoladekoek.

7 hours Gelede

5 mites oor olyfolie

Moenie hierdie 5 mites oor olyfolie glo nie: Ingevoerde olyfolie is beter as Suid-Afrikaanse olyfolie…

1 day Gelede

Gebakte vis in geurige tamatiesous

Gebakte vis in geurige tamatiesous Lees ook: RESEP: Armand Aucamp se witvis met vanieljesous van Tahiti…

1 day Gelede

Tamatieroomsop met kaasroosterbroodjies

Hierdie lekker resep vir tamatiesop is ideaal vir ’n vinnige aandete in die middel van…

1 day Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.