kategorieë: Ons menseBekendes

Van Tienertoneel tot Showmax: Graad 11-leerder slaan rol in Spooksoeker-verwerking los

Rico vertolk Warno Alberts in die Showmax Original-tienerreeks Spooksoeker, wat op die topverkoperboeke deur veelbekroonde skrywer François Bloemhof gegrond is.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write('
'); }

Op Warno Alberts se 15de verjaardag, word hy skielik bewus van spoke in sy dorpie – én dat dit nou sy taak is om van hulle ontslae te raak.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Die aankondiging kom soos Rico die 60ste ATKV-Tienertoneelkompetisie vandeesweek bywoon. Dié Afrikaanse hoërskoolkompetisie vind in Kaapstad plaas. Rico is een van die finaliste van die ATKV-DigiToneel-kompetisie, waarin hoërskoolleerders die geleentheid kry om hul spel vir die kamera te ontwikkel deur nuutgeskrewe monoloë te verfilm.

As deel van ATKV-DigiToneel verskyn Rico ook in die vierde seisoen van die ATKV se realiteitsreeks, Gekies vir die Kollig, wat vanaf middel-Oktober op DStv (VIA, kanaal 147) uitgesaai word.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

“Ek het nog altyd aan eisteddfods deelgeneem – om die waarheid te sê, ek het aan elke moontlike ding deelgeneem, en ek wou nog altyd, so lank as wat ek kan onthou, net op die verhoog wees,” sê Rico. Hy het in graad 6 by ’n toneelagentskap, Talent-ETC, aangesluit, en het reeds in David Kau se The First Last Tour, die Silwerskermfees-kortfilm Bennie Bingo, die kykNET Storiefilm Die Fantastiese Verdwyning Van Charlie Prins, en as die jong Kalla in 7de Laan verskyn.

Rico is by verlede jaar se ATKV-Tienertoneelkompetisie as beste akteur benoem, met sy produksie wat die top-vyf gehaal het. In Spooksoeker vertolk hy die hoofrol teenoor Paul Strydom, wat Warno se ouer broer, Ziaan, vertolk. Paul, wat verlede jaar aan die Hoërskool Parel Vallei gematrikuleer het en nou 19 is, het toe met die louere as beste akteur weggestap.

Rico en Paul word deur ’n groot rolverdeling ondersteun wat talle Safta- en Silwerskermtoekenning-wenners insluit – sommige as spoke…

“Dis mense van wie ek gedroom het om mee saam te werk, mense wat ek as ’n klein seuntjie op TV gekyk het en gesê het, ‘Jissie, ek wil eendag saam met haar werk…’ ”

Hy gebruik Izel Bezuidenhout as ’n voorbeeld. “Ek het Agent 2000 gekyk toe dit uitkom; ek dink ek was so 11 jaar oud, in graad 5. So op Spooksoeker het ek letterlik teenoor my childhood crush gespeel!” sê hy laggend.

Die Starscape Motion Pictures-produksiespan het ’n ewe sterbelaaide reeks agter die kamera saamgestel, insluitend regisseur Jan-Hendrik Burger (Edik van Nantes), SXSW Zeiss Cinematography Award-wenner Jorrie van der Walt (Gaia), Safta-bekroonde komponis Daniel Eppel (Steinheist), en Safta-wenners Franci van den Heeven (Fynskrif, Die Byl) en Pippa Heimann (Suidooster) vir onderskeidelik die produksie- en kostuumontwerp.

Die VFX (visuele effekte) word deur Fox and Wizard behartig, met dié span wat deur Jonathan Alenskas gelei word. Alenskas is vir ’n Visual Effects Society-toekenning vir sy werk op Warrior benoem. Hy het al op reekse soos Plan B, The Gilded Age, The Marvelous Mrs. Maisel, asook die fliek Blue Jean, wat die gehoortoekenning by die Venice-filmfees gewen het, gewerk.

Die omvang van die produksie het vir Rico verras, veral wat die waagtoertjies betref. “Ons het mense gehad wat van brûe afspring; ek het dit glad nie verwag nie,” sê Rico. “Ook net die kwaliteit van die verfilming en die produksiespan se werk, hoe almal so goed saamwerk. Ek was stomgeslaan.”

Rico kon maklik met sy karakter vereenselwig. “Warno is iemand wat baie omgee vir die mense om hom. Hy is regtig bang om hulle seer te maak – emosioneel of fisiek. Deur die reeks wil baie mense Warno seermaak, maar hy wil net almal om hom beskerm. Maar die manier waarop hy dit probeer doen, plaas eintlik almal in meer gevaar. Dus, deur te doen wat hy dink reg is, en wat hy dink sy familie en vriende sal beskerm, maak hy soms die situasie erger.”

“Ek sou sê ek is net soos Warno. Ek gee baie om vir die mense om my en ek probeer altyd die regte ding doen, maar soms slaan die lewe jou om en jy sukkel om weer op te staan. Maar ’n goeie waarde wat Warno het, is dat, maak nie saak hoeveel keer hy platgeslaan word nie, hy gee nie moed op nie. In die middel van die seisoen is daar ’n gedeelte waar Warno regtig amper tou opgooi en hy nie weet wat om volgende te doen nie, maar dan klim hy net weer op die perd. En ek voel dit is ’n goeie waarde wat ek ook in my lewe kan implementeer.”

Met Spooksoeker vir eers afgehandel, is Rico se fokus om sy skoolwerk in te haal. Toe hy gevra word oor sy toekomstige doelwitte, sê hy: “Eerstens gaan ek net matriek klaarmaak!”

Spooksoeker sal egter nie Rico se laaste hoofrol wees nie. “Ek wil beslis in die bedryf bly, meer werk en meer magic op die verhoog en voor die kamera skep,” sê Rico, wat aan die begin van die jaar nog in sy ouderdomsgroep by die wêreldkampioenskappe vir dubbele mini-trampoliengimnastiek meegeding het. “Ek weet nog nie of ek wil studeer nie, maar ek weet ek wil vir altyd voor ’n kamera en op die verhoog wees.”

Spooksoeker sal na verwagting in Desember 2024 op Showmax bekendgestel word.

Lees ook: Om weer in Andries se skoene te klim: De Klerk Oelofse oor sy pad met ‘Nêrens, Noord-Kaap’

Deel
Gepubliseer deur
Karlien Meiring

Onlangse plasings

Nuwe restaurant in Kaapse Waterfront fokus op Afrika-kos

Deur Maryke Roberts. Foto’s: Clifford Roberts    Die restaurant staan onder leiding van die bekwame…

18 hours Gelede

Espressokoekies

Maak 36 koekies   Bestanddele   500 ml (2 k) koekmeel 60 ml (¼ k)…

21 hours Gelede

5 maklike veranderinge wat jy tydens Hartbewustheidsmaand kan maak om jou gesondheid te verbeter

September is die maand van hernuwing en positiewe verandering. Dit is ook wanneer Suid-Afrika Hartbewustheidsmaand…

2 days Gelede

Om weer in Andries se skoene te klim: De Klerk Oelofse oor sy pad met ‘Nêrens, Noord-Kaap’

De Klerk Oelofse en Andries Adendorff kom al ’n lang pad – van 2017 met…

2 days Gelede

Laat die kurke vir dié wenners klap!

Deur Maryke Roberts. Foto’s: Clifford Roberts    Plettenbergbaai se Newstead Wines stap vanjaar vir die…

2 days Gelede

Wat die onlangse volatiliteit in die Forex-mark vir Suid-Afrikaanse beleggers beteken

As 'n land met 'n relatiewe oop ekonomie, is die geldeenheid van Suid-Afrika, die rand,…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.