kategorieë: OuerskapJou lewe

Van speelskool na grootskool: 5 wenke

Van speelskool na grootskool: 5 wenke deur Mariette Snyman. Foto Pixabay

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Om by die formele skoolopset in te skakel, is ’n groot stap: nie net vir jong kinders nie, maar ook ook vir hul ouers. Ouers kan die kommer en twyfel wat dikwels hiermee saamgaan, beperk deur die kwessies wat mag opduik bewustelik te benader.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

“Party van die praktiese aspekte is opwindend, soos om skooluniforms en voorraad aan te skaf, die nuwe roetine aan te leer, die onderwyser te ontmoet en die skoolterrein te verken,” sê Trudie Gilmore, algemene bestuurder by ADvTECH Junior Colleges.

“Die groter eise en onbekende omgewing kan egter ook angswekkend wees, en kinders moet gaandeweg daaraan gewoond gemaak word. Hoë verwagtinge van ouers kan onnodige druk op sulke jong kinders plaas.”

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Gilmore beveel aan dat ouers die volgende in gedagte hou:

1 Foute word toegelaat

Die les lê in die leerproses, nie in die uitkoms nie.

“Op hierdie ouderdom moet ouers hul kinders aanmoedig om onafhankliker te raak, en waar moontlik vir hulself te dink. Moedig jou kind aan om op ‘klein’ maniere na hulself om te sien soos om self aan te trek, seker te maak hulle het alles in hul boeksak gepak, en hul besittings op te pas. Gee hulle krediet vir elke poging, al kry hulle dit nie 100% reg nie.”

Lees ook: Laat gaan en laat groei jou kind

2 Ontwikkel uithouvermoë

“Jong kinders kan dit geweldig frustrerend vind om nie ’n taak te kan voltooi op die manier wat hulle graag wil nie. Herinner jou kind wanneer ons iets nuuts leer, is dit belangrik om aan te hou probeer, selfs wanneer dinge taai raak. Moenie ingryp en die situasie ‘regmaak’ nie. Dis beter om leiding, aanmoediging en motivering te verskaf.”

Lees ook: Mamma, help jy te veel?

3 Speel mooi saam

Foto: pexels

Die begin van grootskool is ’n belangrike mylpaal omdat kinders dan begin om met hul ouderdomsgenote saam te werk en sinvol saam te speel, selfs wanneer hulle nie outomaties oor die weg kom nie. Moedig jou kind aan om ander in te sluit en om gaaf te wees. Dit bevorder die ontwikkeling van emosionele volwassenheid en selfvertroue.

Lees ook: Leer jou kind só oor respek

“Julle kan speel-speel voorberei. Speel speletjies wat reëls behels of verg dat julle beurte maak, soos bordspeletjes. So oefen jou kind om met ander oor die weg te kom en leer hy of sy vaardighede aan wat later kan help om vriende te maak.”

Lees ook: Jou kind: Sosiaal slim bedraad

Waak teen te veel buitemuurse aktiwiteite

4 Nuuskierigheid is ’n goeie ding

“Om nuuskierig te wees en in die dinge om ons belang te stel, is regtigwaar belangrik ten opsigte van  leer. Moedig jou kind se natuurlike nuuskierigheid aan deur so dikwels moontlik oor mense, plekke en ander dinge te gesels. Nuwe navorsing dui daarop dat dit beduidende voordele vir kinders inhou wanneer hul ouers hulle by produktiewe gesprekke betrek en elkeen ’n beurt kry om te luister en gepas te reageer.

“Luister na hul vrae en beantwoord dit geduldig. ’n Liefde vir lees is ’n vaardigheid wat opwinding kan verskaf en ’n kind kan bemagtig. Moedig dit aan, en kweek die gewoonte om iets op die rekenaar na te slaan deur dit saam te doen. Probeer die wêreld deur jou kind se oë sien, en gesels en verwonder julle oor die alledaagse dinge.”

5 Hanteer uitdagings

Gilmore sê ouers moet gereed staan om hul kinders te help om die stres te bestuur wat kan spruit uit meer uitdagende skoolwerk, huiswerk, evaluerings, diversiteit in die skoolomgewing, naskoolse aktiwiteite en die moontlike optrede van boelies. “Maak seker jou kind is in staat om die uitdagings wat hulle daagliks in die gesig staar te hanteer deur enige bykomende druk op hulle te verminder.

Lees ook: Supersensitiwiteite: Ondersteun jou kind só

“Onthou ook die belangrike rol wat slaap speel. Kinders wat genoeg slaap, raak nie so maklik kort van draad nie en hanteer skoolstres beter.

“Waak teen te veel buitemuurse aktiwiteite. Ons is geïndoktrineer om te glo dat besige mense gelukkige mense is, maar ’n oorvol skedule beteken minder vrye tyd en minder gesinstyd.

“Ons samelewing verwag al meer van jong kinders. As ouers en voogde is dit ons plig om hulle te help om hierdie eise te begryp en gepas daarop te reageer. Om hulle op ’n suksesvolle en produktiewe skoolloopbaan voor te berei moet ons hulle help om hul emosionele intelligensie te ontwikkel.”

Lees ook: Druk jy jou kind tot in die rooi?

My kind haat skool. Wat nou?

Deel
Gepubliseer deur
Mariette Snyman

Onlangse plasings

Kry weer woema in die winter

As die winter jou vaal en verlep laat voel, is dit tyd vir ’n lekker…

18 mins Gelede

Sagte rogbrood

Bak hierdie lieflike en geurige brood en vul jou huis met die hartverwarmende geur van…

48 mins Gelede

5 maniere om meer selfvertroue te hê

Ons wil almal die soort vrou wees wat ’n kamer binnestap en selfvertroue uitstraal. Gebruik…

18 hours Gelede

‘n Velsorggids vir elke ouderdom

Soos ‘n mens ouer word, raak dit moeiliker om die sigbare tekens van elke verbygaande…

19 hours Gelede

Karamelspringmielies-en-mout-koekies

Gebruik ons resep vir basiese soetkoekies en maak hierdie lieflike karamelspringmielies-en-mout-koekies. Die koekieblik sal nie…

22 hours Gelede

Vanaand op ‘Een keer om die son’

Een keer om die son, volg die lief en leed van een familie oor die…

23 hours Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.