Vanjaar se kortlys, wat van dié jaar se gemoedstoestande en gesprekke opsom, is deur OUP se kundiges saamgestel nadat hulle ‘n deeglike ondersoek van hul 25-miljard woordversameling en taaldata voltooi het.
Met temas wat van finansies tot fantasie wissel en die toenemende invloed van tegnologie op die samelewing, het die ses mededingende woorde en uitdrukkings ‘n merkbare toename in hul verbruik en gewildheid in 2024 gesien.
Die kortlys, wat nou oop is vir openbare stemme, sluit in:
- Lore (s.nw.): ’n Versameling (veronderstelde) feite, agtergrondinligting en stories wat verband hou met iemand of iets, en wat as kennis beskou word wat nodig is vir ’n volledige begrip of ingeligte bespreking van die betrokke onderwerp.
- Breinverrotting (s.nw.): Die veronderstelde agteruitgang van ’n persoon se verstandelike of intellektuele toestand, veral as gevolg van die oormatige verbruik van digitale materiaal (deesdae veral aanlyninhoud) wat as oppervlakkig of onuitdagend beskou word. Ook: iets wat beskou word om waarskynlik sodanige agteruitgang te veroorsaak.
- Dinamiese pryse (s.nw.): Die praktyk om die prys van ’n produk of diens te varieer om veranderende marktoestande te weerspieël; spesifiek die hef van ’n hoër prys tydens groter aanvraag.
- Demure (b.nw.): Van ’n persoon: gereserveerd of ingetoë in voorkoms of gedrag. Van klere: nie uitspattig, opvallend of om te veel te onthul nie.
- Slop (s.nw.): Kuns, skryfwerk of ander inhoud wat deur kunsmatige intelligensie geskep is, wat lukraak of opdringerig aanlyn gedeel en versprei word, en gekenmerk word as van lae gehalte, oneg of onakkuraat.
- Romantasy (s.nw.): ‘n Fiktiewe genre wat elemente van romantiese fiksie en fantasie kombineer, tipies met temas van towerkrag, die bonatuurlike of avontuur, en saam met ’n sentrale romantiese verhaal.
Oor vanjaar se keuses het Casper Grathwohl, President van Oxford Languages, gesê:
“Sedert 2004, wou ons ’n blik op taal te bied en die invloed van kultuurverandering bestudeer. Die 2024-kortlys verteenwoordig ’n opname van die onderwerpe wat ons aandag en verbeelding aangegryp het en die dinge waaroor ons gedurig gesels het. Wat vanjaar se keuses veral besonders maak, is die reeks woorde wat verband hou met vervloë eras en dit wat weer in die openbare bewussyn ingeglip het—veral nadat dit deur aanlyngemeenskappe opgemerk en herinterpreteer is.
“Ons is uiters opgewonde om die publiek weer uit te nooi om die Woord van die Jaar te help kies. Almal ervaar woorde waarby by hulle aanklank vind en wat uitdruk hoe hulle oor ’n sekere tyd voel. Om te sien hoe mense daardie ervarings deel as deel van Woord van die Jaar was insiggewend en diep aangrypend. Die woorde wat ons kies weerspieël wie ons is en herinner ons aan die krag van taal om die wêreld rondom ons te vorm.”
Mense kan vir hul gunsteling woord tot Donderdag 28 November stem.
OUP sal ’n laaste deeglike ondersoek doen voordat die finale Woord van die Jaar vir 2024 op 2 Desember aangekondig sal word.
Vanjaar merk twee dekades van Oxford Woord van die Jaar en die derde keer dat mense wêreldwyd die geleentheid het om vir hul Woord van die Jaar te stem. Die publiek het in 2022 vir goblin mode as die wenner vasgestel en vir rizz in 2023. Van podcast (VSA) en sudoku (VK) in 2005 tot selfie (2013), 😂 (2015) en klimaatnoodgeval (2019), bied Woord van die Jaar steeds insig oor die Engelse taal wat gesprekke gevorm het en die kulturele verskuiwings, patrone en gevoelens wat ’n spesifieke jaar weerspieël het.
Lees ook: Ontmoet Herman Bosman – ‘Wie word ’n miljoenêr’ se heel eerste miljoenêr!