kategorieë: InspirasieJou lewe

Van ruikers tot poedingtafels: Hier’s die nuutste trouneigings

Alle troues is op hul eie manier anders, maar almal wil hê hulle s’n moet die meeste van almal s’n uitstaan.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Nicola Woodgate, wat aan die hoof van trousake by ANEW Hotels & Resorts staan, deel bietjie inspirasie vanuit huidige toptrouneigings sodat jy seker kan maak jou troue is vars, modern en innoverend:

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Trouskilderye tydens die geleentheid

Om skilderye te laat maak terwyl die troue aan die gang is, is tans ’n groot neiging. Kunstenaars soos Danielle Jordaan daag vroeg vir jou troudag op om die hele seremonie op doek vas te vang. Teen die einde van die aand, het sy ’n uitsonderlike skildery klaargemaak wat vir blywende herinneringe sal sorg. Sekere paartjies kies klein sketse of skilderye met waterkleure vir hul gaste om huis toe te neem. Hierdie kunswerke dien as spesiale aandenkings, om die herinnering vir nog baie jare lank lewendig te hou by dié wat dit bygewoon het.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

(Foto: Danielle Jordaan)

Draai jou blomme kop onderstebo

Een van die grootste neigings tans is dakinstallasies van blomme wat oor die dansvloer neerreën. Die dansvloer word in ’n magiese vertoning van feetjieliggies en blomme wat van bo af hang verander. Dit vervang die tradisionele roete om ’n blom op elke tafel te sit. Feetjieliggies is steeds ’n groot gunsteling, en paartjies kies gereeld ’n baldakyn met ligte om die hele dak mee te dek om die grootste effek te skep.

Die koek is dood, lank lewe poeding!

Die tradisionele troukoek het plek gemaak vir ’n heerlike poedingtafel wat met happiegrootte lekkernye spog en in almal se smake sal voorsien. As jy die tradisie wil behou, kan jy steeds ’n kleiner koek sny terwyl daar ’n soete fees is van bruintjies, makrolletjies en sjokolademousse wat in klein koppies bedien word. Jy kan ook iets hiervan vir jou gaste verpak om huis toe te neem.

Praktiese dankiesêgeskenke

Dankiesêgeskenke het ’n heerlike wenteling gemaak: Baie paartjies kies eetbare lekkernye wat met hul gaste se name verpersoonlik is. Dit dien dan sommer ook as oulike plekhoukaartjies. Aandenkinge in die vorm van botteloopmakers of klein flesse wat heerlike, tuisgemaakte, ingelegde goedere bevat, vir seker dat jou gaste met ’n bruikbare aandenking van die dag wegloop.

Hou jou trouruiker

Die tradisie om jou ruiker in die lug te gooi, het ietwat in moderne troues verander. Pleks daarvan dat hulle hul ruikers gooi, kies bruide nou om eerder hul strooimeisies se ruikers te gooi en hul eie as aandenking te hou – deur dit of in kuns te skep wat ewig sal hou deur dit te laat druk of om dit net so te hou. Die bruid heg sentimentele waarde aan die ruiker.

Sê ja vir die rok!

Die rokke in Aspoestertjiestyl het plek gemaak vir moderne silhoeëtte. Moue wat losgemaak kan word, word al hoe gewilder en bied verskeidenheid en ’n tikkie elegansie. Sluiers word minder algemeen aangesien die koste relatief is tot die kort tydperk wat dit vir die diens of foto’s gebruik word.

Lees ook: Berei so voor vir jou troue: Kenners se top-skoonheidswenke

Individuele styl

Strooimeisies wat dieselfde rokke dra, is uit. Elke strooimeisie dra ’n rok wat by hul persoonlikheid en figure pas, wat die moderne gevoel komplementeer van ’n troue wat individualiteit en kreatiwiteit voorstaan.

’n Lang kuier en beloftes wat privaat uitgeruil word

Die jongste neiging is dat paartjies nes Amerikaners geleenthede die aand voor die troue hou. Hierdie gesellighede het gewoonlik ’n tema, soos die sewentigerjare of ’n wilde safari. Dit skep ’n lekker atmosfeer veral vir gaste wat ver gereis het. Paartjies kies ook meer intieme byeenkomste met minder mense wat dit bywoon sodat daar ’n groter begroting is vir meer uitspattige besonderhede, soos uitvoerige blommerangskikkings. Nog iets wat kop uitsteek is om voor die seremonie reeds troubeloftes te ruil. Sodoende kan paartjies uit die hart praat sonder om mekaar te sien wat ’n kragtige, intieme oomblik skep. Sommige paartjies kies om briefies op die dag uit te ruil om hul gevoelens vir mekaar uit te druk en om enige senuwees voor die troue hok te slaan.

Mediterreense gevoel

Onlangs is daar ’n groot neiging in troues spesifiek in die omgewing van KwaZulu-Natal om dekor in ’n Mediterreense styl te gebruik. Tafels word in blou en wit met Mediterreense sweempies gedek. Bougainvilleas verleen ’n spatsel kleur en romanse aan die toneel. Baie bruide kies ook ’n moderne minimalistiese, monochromatiese voorkoms met wit en swart as dekortema.

Lees ook: 5 dinge wat niemand jou vertel voor jy trou nie

Deel
Gepubliseer deur
Karlien Meiring

Onlangse plasings

Alzheimersiekte: Kan jy dit keer?

Net 10% van mense bo 70 het beduidende geheueverlies, maar hoe ouer jy word hoe…

2 hours Gelede

Die krag van suiwelvoeding vir jong atlete

Om seker te maak dat kinders daagliks die korrekte voedingstowwe inneem om gesonde groei, ontwikkeling…

2 hours Gelede

Plant slim, bespaar water

Baie tuiniers glo dat waterbeperkings een van twee opsies beteken: Laat jou tuin toe om…

3 hours Gelede

Beet-, feta-en-okkerneut-slaai

Deur Rediscover Dairy   Bedien: 6-8 porsies  Porsiegrootte: 120 g    Bestanddele    5 middelslag-bete,…

5 hours Gelede

Sjokolade-piesangbrood

Mev. Letha van der Westhuizen van George sorg vir hierdie teetydtreffer-resep!

5 hours Gelede

Viskoekies met knoffel-en-kappertjiesaad-mayonnaise

Ons het sommer vir die lekkerte reuse-viskoeke gebak, maar jy kan gewone viskoekies ook maak…

5 hours Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.