Wenke
• Moet nooit die eerste kwotasie aanvaar nie.
• Maak seker dat jou planne aan die munisipaliteit se standaarde voldoen.
• Koop tweedehands.
• Bestee jou geld op ’n sterk struktuur. Versiering kan tot later wag.
• Begroot. Begroot. Begroot. Met ’n uitgawe van R84 000 het ek die waarde van my eiendom met R400 000 laat klim.
My planne
• Ons enkelmotorhuis het aan die huis gegrens en ons het besluit om dit in ’n leefkamer te omskep.
• ’n Ekstra dubbelmotorhuis is toe met ’n gedeelde skeidsmuur aangebou. Die bestaande motorhuisdeur is toe na die nuwe motorhuis verskuif.
• Die agterdeur van die motorhuis is uitgehaal en in die plek van die opening is ’n vuurherd aangebring.
• Dubbeldeure is tweedehands aangeskaf en gerestoureer.
• Die motorhuis se vloer is met ’n getinte gipspleister vervang.
• Die oop dakbalke is met spaansriet bedek.