Van mode tot muurkuns: Vanwaar die kunswerk in ons Julie-uitgawe deur Bea Lingenfelder en Susra Matthee. Hooffoto: Baz’Art verskaf
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }
Die helder mure trek beslis aandag as jy verby die nou strate van Woodstock skuur. Toeriste neem kiekies en plaaslike inwoners voel trots, maar waarvandaan hierdie kunswerke?
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }Baz’Art is ’n nie-winsgewinde organisiasie wat in 2016 gestig is om die verhouding tussen kuns en Jan Alleman te bemagtig. Hulle bevorder alle soorte kuns wat in Suid-Afrika gebruik word om emosie uit te druk – van graffiti tot vingerverf en fynere kuns.
Deur opvallende kunswerke aan die publiek bekend te stel, wil Baz’Art ’n trots in die plaaslike inwoners, van binne ’n gebied tot regoor die hele Afrika, opwek. Hulle beklemtoon inklusiwiteit, betrokkenheid en gemeenskaplike respek.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }
Opvoeding
Kuns-onderrig het reeds verskeie voordele op akademiese, kognitiewe, persoonlike en sosiale velde uitgewys. Kuns koester ’n gevoel van behoort en gemeenskaplikheid en bied vir kinders die geleentheid om hul verbeelding te ontwikkel, veral in gevalle waar daar beperkte hupbronne is. Bowenal word kuns aanvaar as ’n brug tussen verskillende kulture – ’n gemeenskaplike taal van dissipline, aanvaarding en interaksie.
Artistieke ontwikkeling
Hoewel Afrika ryk is aan plaaslike kunstenaars en talent, word ons nog kunstenaars nie altyd soos ander internasionale kunstenaars erken vir hul vlagskip invloed op die uitbouing van geskiedenis, talent en diversiteit nie. Plaaslike kunstenaars is geneig om eerder landuit te gaan om aan ’n toekoms te bou. Baz’Art fokus egter daarop om ’n paneel vir die Suid-Afrikaanse kunstenaars te bou. In ’n omgewing te skep waar kunstenaars vrye teuels het om hul kreatiwiteit en denke te vertoon, kan ontwikkel in vennootskappe, werkskepping en selfs internasionale blootstelling.
Sosiale insluiting
Baz’Art werk met gemeenskappe, skole, sakeondernemings en verskeie ander organisasies om ’n omgewing te skep waar mense hul fisiese en sosiale omgewings kan verbeter. Deur middel van kuns word die voorkoms en persoonlikheid van ’n omgewing beїnvloed en gee sodoende die gemeenskap se trots en gevoel van gemeensaamheid ’n hupstoot. Straatkuns gee ’n unieke identiteit aan ’n spesifieke omgewing en bevorder toerisme op plaaslike en internasionale vlak. Verbeteringe soos sosiale bewusmaking en sentiment skep werksgeleenthede, onder meer deur byvoorbeeld omgewingstoere en ondersteuning aan plaaslike koffiewinkels en mikro-besighede.
Kunstenaar: Tim Marsh. Agter-die-skerm-foto: Bea Lingenfelder
Tim is ’n Frans-Spaanse kunstenaar en het sy lewe aan muur- en straatkuns toegewy. Sy werk word onder meer gekenmerk deur die abstrakte en kleurvolle gebruik van geometriese vorms, meer spesifiek driehoeke. Die groottes van die driekhoeke en die kontras in kleur maak die kunswerke as ’n geheel so treffend. Hierdie kunswerk handel oor ’n klein meisie (regs) wat met ’n sterk leeu (links onder) vereenselwig word, maar sy moet dit nog self ontdek deur lewenservaring.
Dis eintlik die kunstenaars wat ons kies. Die “word-of-mouth”-kultuur is groot in ons industrie en dus is dit belangrik om jou netwerk so wyd as moontlik uit te brei. Nadat ons ’n versoek ontvang het, vra ons vir voorbeelde van hul vorige kunswerke en ’n konsep-skets wat by daardie jaar se tema inpas.
Al ons kunstenaars neem deel as vrywilligers en word dikwels deur hul eie verteenwoordiger gefinansier. Internasionale kunstenaars het ’n groot belangstelling in Kaapstad en van die wêreld se bekendste kunstenaars kom gereeld kuier vir die ervaring van die kunsrykdom van Suid-Afrika. Hulle deel hul vaardighede en wenke met plaaslike kunstenaars en vorm sodoende ’n verhouding van bemagtiging. In ruil daarvoor ervaar hulle die gestroopte prentjie van Afrika deur weke saam met die inwoners van Soutrivier deur te bring en so hul lewenstyl te bestudeer en te deel.
Ons het reeds baie talent, maar ook baie talent wat verfyn moet word – soos ’n ongeslypte diamant. Die blootstelling wat Suid-Afrikaanse kunstenaars kry deur middel van internasionale feeste en verhoudings bied ’n wegspringblok vir hul loopbaan.
Daar is vele prosedures om te volg wanneer ons die spesifieke ligging gekies het: die gebou-eienaar, die bure, die raad en dan die stad. Ons maak ’n punt daarvan om die betrokke kunstenaars voor te stel en hul vorige werke bekend te maak. Daardeur volg ’n gesprek wat eindelik ’n finale kunswerk vir daardie spesifieke gebou tot volvoering bring. Ons kunswerke streef daarna om ’n positiewe boodskap uit te beeld, maar gee die kunstenaar steeds ruimte om hom in sy eie styl uit te druk.
Loer gerus op bl. 40 van jou Julie-uitgawe om ons pragtige modestorie te sien!
Die nuwe kaaskoek! Ons Suid-Afrikaners hou mos van ’n lekker yskastert. Maar ongelukkig is dit…
Genoeg vir 4-6 Bestanddele Sous 60 ml (¼ k) perskeblatjang 60 ml (¼ k)…
In die wêreld van Suid-Afrikaanse musiek is daar sterre, en dan is daar legendes. Jannie…
“Mens weet nooit, terwyl jy bloed en trane stort soos jy aan ’n produksie werk,…
Genoeg vir 4-6. Bestanddele 4 snye bruinbrood, korsies verwyder 125 ml (½ k)…
Is jou beker half leeg of half vol? Maak seker jy hou daardie metaforiese beker…
Hierdie webwerf gebruik koekies.