kategorieë: Ons menseBekendes

Van kleindorpse-stofstrate tot internasionale sukses

Van kleindorpse-stofstrate tot internasionale sukses – Deur Zoë Salzwedel. Hooffoto: Trae Patton/NBC/NBCU Photo Bank via Getty Images

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Die afgelope week was die Ndlovu Jeugkoor in die kollig vir hulle foutlose oudisie vir die 14de seisoen van die gewilde Amerikaanse televisieprogram, America’s Got Talent (AGT). Met hulle uitvoering van Vicky Sampson se “My African Dream” het dié koor dit reggekry om diep in die harte in te kruip van miljoene kykers regoor die wêreld.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Lees ook: Sing, draf of kook saam met ander – dis goed vir jou!

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Die Ndlovu Jeugkoor is in 2009 as ’n naskoolse gemeenskapsprojek begin om minder bevoorregte kinders te help om van die sosiale kwessies in hulle dorpie te ontsnap. Dít vorm deel van ’n groter projek, die Ndlovu Care Group,  wat in 1994 deur ’n Nederlandse doktor, Dr Hugo Templeman, in Moutse (Limpopo) gestig is.

Die versorgingsgroep bied innoverende gesondheidsorg, kindersorg, onderwys en gemeenskapsontwikkeling. In 2009 is die Ndlovu Jeugkoor as deel van die gemeenskapsontwikkelingprogram begin en het dit sedertdien op ’n besondere manier die harte en lewens van dié dorpie se jeug geraak.

Die storie agter die Ndlovu Jeugkoor:

Die koor is ’n toonbeeld van die potensiaal van enige mens wanneer hy/sy die kans gegun word om uitnemendheid te bereik, ongeag sy/haar agtergrond, opvoeding of geboorteplek.

“Net omdat jy in armoede gebore is, beteken dit nie dat jy armoede ís nie.” – Ralf Schmitt, Ndlovu Jeugkoor-koorleier

In 2018 het die Ndlovu Jeugkoor ’n isiZulu-weergawe van Ed Sheeran se “Shape of You” tydens ’n onderhoud op Jacaranda FM se ontbytprogram, Breakfast with Martin Bester, uitgevoer. Sedertdien het hulle besondere hoogtes bereik en miljoene aanhangers bygegekry. Hulle musiekvideo van dié weergawe van “Shape Of You” met die Grammy-bekroonde fluitspeler, Wouter Kellerman, is sedert 15 Oktober 2018 meer as 3.3 miljoen keer op YouTube gekyk.

Lees ook: 1 000 stemme: Ons land se grootste koor

Kyk gerus hier na hulle weergawe van “Shape Of You” met Wouter Kellerman:

Die America’s Got Talent-organisasie het die koor gekontak om vir ’n oudisie te kom nadat hulle die koor se uitvoering op Jacaranda FM gesien het.

“Hulle het die Jacaranda FM-video gesien, en hulle was waarlik verras met ons optrede,” vertel die Ndlovu Jeugkoor-koorleier, Ralf Schmitt, met trots Donderdagoggend (25 Junie 2019) vir Martin Bester tydens sy opvolgonderhoud op Jacaranda FM vertel.

Die Ndlovu Jeugkoor het die America’s Got Talent-verhoog soos ’n storm getref en miljoene mense geïnspireer met hulle hartroerende storie.

Van een ding is ons seker: hulle het beslis elke Suid-Afrikanerhart baie trots gemaak met hulle hoendervleismooi-oudisie vir AGT. Hulle oudisie vir die 14de seisoen van AGT is sedert 26 Junie 2019 al meer as 4.7 miljoen keer op YouTube gekyk,

Kyk gerus hier na hul oudisie:

Wat het die America’s Got Talent beoordelaars van die Ndlovu Jeugkoor se oudisie gedink?

Gabrielle Union:

Julianne Hough:

Howie Mandel:

Simon Cowell se woorde beskryf dié Jeugkoor perfek, “Ons het nog altyd vir só ’n koor gewag – iets wat ons nog nooit vantevore gehoor het nie. Julle energie het letterlik net van my afgespring. Dit was ’n fantastiese oudisie en julle is ’n groep wat ek vir lank gaan onthou.”

Besoek gerus die koor se webblad, en volg hulle op Instagram, Twitter en Facebook.

America’s Got Talent is een van die grootste talentskoue ter wêreld en die wenner ontvang ’n lewensveranderende prys van $1 miljoen en wêreldwye erkenning.

Met vier “ja’s” van die beoordelaars is die Ndlovu Jeugkoor deur na die volgende rondte van AGT, en ons wens hulle alle sukses toe!

Fotograaf: Corinna Tannian

Vir meer inligting oor besprekings, kontak gerus vir Ralf Schmitt by hello@ndlovu.com

As jy graag ’n skenking wil maak, hier is die besonderhede:

Ndlovu Medical Trust
Rekeningnommer 62071956555
Takkorde 260147
Taknaam GROBLERSDAL 236
Swift-kode FIRNZAJJ

Deel
Gepubliseer deur
Zoe Salzwedel

Onlangse plasings

Het jy wat dit vat vir ‘Die brug’ se tweede seisoen?

Iewers op ’n eiland met ’n toring staan nog ’n skatkis wat R1 miljoen kontant…

6 hours Gelede

Smelt-in-die-mond-koekies

Maak 30 koekies • 500 ml (2 k) koekmeel • 80 ml (1⁄3 k) kakao…

7 hours Gelede

Geurige tamatie-en-wors-gebak

Geurige tamatie-en-wors-gebak. Resep deur Vickie de Beer   Lees ook: Geurige worsies met sampioene en…

7 hours Gelede

Gebakte Carbonara

Vir hierdie heerlike gebakte Carbonara druk jy die blokkies mozzarella tussen die pennepasta in! Resep…

7 hours Gelede

Ribollita

Ribollita is ’n Toskaanse sopbredie. Dit word soos ’n sop gemaak maar is so lekker…

7 hours Gelede

Kaas-en-Marmite-mosbolletjiebrood

Kaas-en-Marmite-mosbolletjiebrood deur Vickie de Beer. Foto: Lindy Kriek  

8 hours Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.