kategorieë: Bekendes

VAN DER MERWE eersdaags op die grootskerm

VAN DER MERWE word op 28 Julie 2017 landswyd uitgereik en die rol van Van der Merwe word vertolk deur die welbekende en talentvolle Rob van Vuuren.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Rob sê hy het ’n fantastiese tyd op stel gehad: “Dit was ’n onvergeetlike ervaring en geleentheid om so ’n ikoniese karakter te vertolk. Ek dink mense gaan lekker lag om te sien hoe Van lewe kry op die grootskerm en ek hoop hulle kan hulself in sekere situasies met die karakter vereenselwig. Ek het dit baie geniet om Van te speel en ek hoop die kykers geniet dit ook.”

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Die onderwerp van Suid-Afrika se gunstelinggrappies kry lewe in hierdie nuwe komedie oor die buiteperd. Ten volle toegerus met sy wanopvattings, vooroordele en kenmerkende onvermoë om suksesvol te wees, gaan VAN DER MERWE jou laat lag, huil, en ineenkrimp wanneer hy probeer om ’n moeilike situasie reg te stel en ’n groot gek van homself maak terwyl hy daarmee besig is. Sy liefdevolle vrou, beeldskone dogter, en statige aanstaande Britse skoonseun sal jou amper laat glo dat sy geluk besig is om te draai …

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Kyk hier na die lokprent

Vervaardigers Craig Jones, Bruce Macdonald, Murray Macdonald en Bruce Lawley bring ’n splinternuwe, tong-in-die-kies familiekomedie na die grootskerm, wat afspeel op ’n plaas in Suid-Afrika.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Elke land het iemand met wie hulle spot. In Ierland is dit Paddy, in Israel is dit Hymie en in Suid-Afrika is daardie persoon Van der Merwe. Hierdie storie gaan oor hom.

“Van is deel van ons kultuur, ’n karakter met wie ons almal kan vereenselwig. Hy het ’n geskiedenis en ’n plek in ons harte. Om aan hom lewe te gee, op die grootskerm, is iets wat almal graag wil sien.” sê regisseur en draaiboekskrywer, Bruce Lawley.

Behalwe vir van Vuuren se uitmuntende vertolking van Van, sluit die rolverdeling bekende name in soos Ian Roberts, Chanelle de Jager,  Reine Swart, Adrienne Pearce, André Jacobs, Rika Sennett, Erica Wessels, Louw Venter, Benedikt Sebastian, Matthew Baldwin, Neels van Jaarsveld en Melt Sieberhagen om maar net ’n paar te noem. Kurt Darren maak ook ’n gasvertoning as ’n sanger by die troue en Barry Hilton speel die rol van Freddie, die kroegman en Van se beste vriend.

Volg alles oor die fliek op Facebook en Twitter.

Deel
Gepubliseer deur
Michelle Nortje

Onlangse plasings

Egskeiding hoef jou nie te breek nie: 10 wenke

Egskeiding is nie die einde van die wêreld nie. Jy hoef nie te krepeer nie…

2 hours Gelede

Ken jou wegsleepregte

Ken jou wegsleepregte deur: Anet Schoeman.    Om langs die pad gestrand te wees weens…

2 hours Gelede

Griekse hoender-en-rys-gebak

’n Liplekker aandete - Griekse hoender-en-rys-gebak. Die dis kry broccoli en fetakaas in vir ekstra…

2 hours Gelede

Bekroonde akteur Chumani Pan vertolk rol van prins in ‘Diepe Waters’

kykNET is trots om die terugkeer van die bekroonde akteur Chumani Pan na die kanaal…

2 hours Gelede

Badpret: gee jou baba ’n voorsprong!

Het jy geweet teen die ouderdom van drie is 85% van jou kleinding se brein…

3 hours Gelede

Nuwe tydperkfliek ‘On Swift Horses’ stel die vraag: Wat is liefde?

Deur Margaret Gardiner  Liefde is iets waarna ons soek. Vele goeie boeke, flieks en liedjies…

7 hours Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.