kategorieë: Skoonheid

Vampier-gesigbehandeling teenoor PRP-behandeling

Die verskil tussen ’n vampier- en PRP-behandeling

Tydens ’n vampier-gesigbehandeling word duisende mikroskopiese gaatjies in jou gesig gemaak en jou plasma word hieroor gesmeer. Tydens die PRP-behandeling word die plasma met ’n naald ingespuit, wat dieper en beter penetreer.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Kim Kardashian na haar Vampire Facial. Foto Instagram

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

So werk plaatjieryke plasma-behandeling (PRP)

Bloed word uit jou arm getrek, waarna dit in ’n spesiale masjien gespin word en dan uiteindelik die die geelkleurige plaatjies (wat groeihormone bevat) van die res van jou bloed skei. Hierdie geel plaatjies word dan in jou gesig, bors of hande ingespuit (nadat ’n verdowingsalfie aangesmeer is), wat help vir ’n gesonder en meer glansende vel. Dr. Marisa Heyns (mediese astetiese dokter by die Skin Gen-praktyk in Groenpunt, Kaapstad) sê: “Jou vel lyk dadelik meer plomp, en plootjies is minder sigbaar, maar nie almal sien ’n drastiese verskil nie. My pasiënte sien egter die verskil, wanneer dit uitwerk, en kom dan terug vir nog.”

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Die geel is die plaatjies wat afgeskei word na die bloed gespin word.

Ek het dit getoets!

Pyn

’n Verdowingsalfie word aan jou gesig gesmeer, en neem so halfuur voor dit begin werk. Dit is ongemaklik en ’n biejtie seer (so 6/10), maar ek was eintlik verbaas toe ek na die tyd die video van myself sien, en ek nie my gesig trek nie! So, dit kon seker nie te seer gewees het nie.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Tyd

Dit neem so uur en ’n half tot twee ure.

Hoe lyk jy na die tyd?

Dit lyk amper soos groot muskietkolle, wat effens geswel is. Ek het nogal geskrik toe ek myself sien, maar so uur en ’n half tot twee ure later, kon ek dit skaars sien. Dit het wel vir so dag na die tyd gevoel of my gesig effens geswel is, maar dit is nie iets wat ander mense sou kon sien nie.

Die effek

My vel was beslis plomper en my gesig het ‘sagter’ gevoel. Ek kon veral die verskil aan my hande sien. Dit neem so drie tot vier weke voor jy werklik die verskil kan sien. Ek hou veral van die behandeling omdat dit natuurlik voel, dis slegs my eie bloed wat gebruik word en kanse op ’n allergiese reaksie is ook baie skraal.

Hoe gereeld moet jy dit laat doen?

As jou vel “ouer” is, beveel dr. Heyns aan dat jy die eerste sessie laat doen en ses ure later weer teruggaan. Dit was nie vir my nodig om dit ses ure later weer te laat doe nie. Daarna elke tweede maand vir twee tot vyf behandelings en instandhoudingsbehandeling elke ses tot 12 maande.

Koste: Vanaf R2 500 – R3 000 vir ’n enkele behandeling en R4 000 – R 5000 vir die eerste dag se bio-stimulasie-behandeling waar jy twee behandelings op een dag het. (*Pryse onderhewig aan verandering)

Kyk na my PRP-behandeling video hier

Deel
Gepubliseer deur
Corné Greeff

Onlangse plasings

5 mites oor olyfolie

Moenie hierdie 5 mites oor olyfolie glo nie: Ingevoerde olyfolie is beter as Suid-Afrikaanse olyfolie…

2 hours Gelede

Gebakte vis in geurige tamatiesous

Gebakte vis in geurige tamatiesous Lees ook: RESEP: Armand Aucamp se witvis met vanieljesous van Tahiti…

2 hours Gelede

Tamatieroomsop met kaasroosterbroodjies

Hierdie lekker resep vir tamatiesop is ideaal vir ’n vinnige aandete in die middel van…

3 hours Gelede

Lekker opskiet eet-ervaring by Vergelegen

Deur Maryke Roberts. Foto’s: Clifford Roberts en Vergelegen Die historiese landgoed, Vergelegen op Somerset-Wes, het…

4 hours Gelede

Vinnige lamskerrie

Vinnige lamskerrie 4 porsies Bestanddele: 1 ui, fyngekap 100 g kerriepasta 1 kg lamsvleis, in…

6 hours Gelede

Kry só jou tuin reg in Julie

Julie: Doen dit in die tuin     1. Snoei rose teen einde Julie of…

6 hours Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.