Valentynstroos: 3 maniere om jou “ou” geliefde in ’n nuwe lig te sien deur Mariette Snyman. Foto: Unsplash
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }
Nie almal is so gelukkig om ’n Valentyn te hê wat hul knieë laat swik of ongelooflike dinge aan hul hartklop doen nie. Dalk sit jy, soos baie vroue, al jare met jou Valentyn “opgeskeep”. Ja, wat, jy mág maar in ’n oomblik van swakheid so dink. Dis mos ’n uitdaging om jou emosionele balans te behou as die hele wêreld oornag op langsteelrose, ballonne, ondergoedjies en nagte van passie begin fikseer.
Lees ook: Die dieper betekenis van seks
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }
Ons het ’n paar voorstelle indien jy Valentynsdag met ’n ligter hart tegemoet wil gaan. Toemaar, ons praat hier nie van egskeiding, kwaadwillige verlating of ’n ambisieuse lewensmaat-rehabilitasieprojek nie, eerder van voorstelle wat nie morsig sal raak of jou geld gaan kos nie.
Lees ook: Seksuele etiket – die 10 foute wat jy nooit mag maak nie
Let wel: Die 3 strategieë is nie kitsoplossings nie. Dit gaan moeite én wilskrag verg. Maar maak dit saak as jy op Valentynsdag – en die dae daarna – gelukkiger kan voel?
Hier gaan ons!
1 Die doelstelling
Die doelstelling is om jóú beter te laat voel, net ’n tikkie op ’n slag. ’n Bietjie vir bietjie, dag vir dag … en voor jy jou kom kry, het jy ’n merkbare gemoedsverskuiwing ondergaan.
Die doelstelling sluit nie in om jou geliefde te verander nie. Jy is welkom om ’n poging aan te wend, maar mans het die manier om viervoet vas te steek wanneer iemand hulle probeer “verbeter”.
Lees ook: Die mooiste tuin-idees vir Valentynsdag
2 Die werkswyse
Kies die strategie wat jou die sterkste aanspreek – en “doen dit net”!
3 Tekens van vordering
As jy ’n gevoel van verligting ervaar, is jy suksesvol. Herhaal, en herhaal weer. Ons mik nie vir “alles is skielik fantasties nie”, ons gaan hoofsaaklik vir “hmm, dit voel beter.”
Trek pen en papier of jou rekenaar nader, en maak ’n lys van
Dis natuurlik goeie inhoud om in ’n Valentynskaartjie te skryf, maar die eintlike doel is om dankbaarheid in jou hart te laat nes skrop.
Hoe moeiliker dit is om die lysies te voltooi, hoe groter die impak wat die oefening kan hê, veral as jy dit gereeld herhaal. Dis ’n bietjie soos om in die supermark na die rak met haarprodukte te stap en onmiddellik op die sjampoe wat jy gebruik, in te zoem. Dit raak tweede natuur.
Lees ook: Hoe om die beste orgasmes en seksuele bevrediging op enige ouderdom te kry
Is daar dinge wat jy begeer maar wat in jou verhouding ontbreek? Dalk hinder dit jou dat jou maat glad nie op drukkies ingestel is nie of dat julle selde ’n grappie deel.
Dié oefening kom uit die boek The Heart of Love deur dr. John Demartini – beskikbaar op www.drdemartini.com
Lees ook: Mans moet dokter toe gaan as hulle enige van hierdie 7 tekens sien
Lees ook: Wat mans – en vroue! – moet weet oor erektiele disfunksie
’n Paartjie wat lank saamwoon, maak soms aannames oor mekaar wat eintlik getoets moet word. Een wanindruk is dat hulle prioriteite ooreenstem. Die vraag is: is dit waar?
“Die enigste betroubare voorspelling wat jy ooit oor ander kan maak, is dat hulle aan hul eie waardes getrou sal wees,” skryf dr. John Demartini in The Heart of Love. “Waardes” hou hier eerder verband met dit wat belangrik is as dit wat reg en verkeerd is – ons praat met ander woorde van prioriteite.
Dr. Demartini onderskei sewe waardevelde: spiritueel, intellektueel, loopbaan, finansieel, familie, sosiaal en fisiek. Elkeen van ons lys hierdie velde in ’n spesifieke volgorde.
Lees ook: Die oorsake van lae libido in mans
Ons lewe wys wat voorop staan – dit waaroor ons die meeste dink, droom en praat, waarmee ons ons ruimte vul en waaraan ons tyd, geld en energie bestee. Dis gewoonlik die velde in ons lewe waar daar orde is.
Lees ook: Wat jy moet weet oor seks en kanker
Lees ook: Hoe om beter oor seks te praat
Nie net maak voorkeure en besluite skielik meer sin nie, maar jy het nou ’n kragtige instrument om doeltreffend met jou maat te kommunikeer. Die geheim is om jou hoogste waardes in terme van syne oor te dra. Gestel jou topprioriteit is familie, en syne intellektueel. Sodra hy voel jy gee te veel aandag aan die kinders, kan jy hom daaraan herinner dat dit hom ekstra tyd gee om interessanthede op die internet op te soek. Dié kuns word breedvoerig in The Heart of Love bespreek.
Lees ook: Hoe diabetes jou seksuele gesondheid beïnvloed
As jy wonder hoe twee mense wie se waardes soveel verskil, na aan mekaar kan bly, is hierdie oefening vir jou:
Lees ook: Wat elke vrou oor menopouse en seks moet weet
Lees ook:
29 Maniere om te sê ek het jou lief
Oudword is onvermydelik. Dit is dus belangrik om voorbereid te wees op wat kom deur…
Deur Mariette Snyman “Pynlike seks is ongelukkig iets wat ek daagliks in die…
Koop MSI se terug-skool-toe-aanbiedinge hier! Modern 14 F13MG Kleinhandelaar:…
Foto's: Instagram/Bernice West Die Suid-Afrikaanse sangeres Bernice West en haar man, Jannes Erasmus, het…
Aan die einde van ’n lang dag het mens nie lus vir ure voor die…
Die nuwe kaaskoek! Ons Suid-Afrikaners hou mos van ’n lekker yskastert. Maar ongelukkig is dit…
Hierdie webwerf gebruik koekies.