kategorieë: KosNagereg

Valentynsoentjies met whisky-karamelsous

Valentynsoentjies met whisky-karamelsous deur Vickie de Beer en Martjie Malan. Foto: Lindy Kriek.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Bestanddele

24-30 soentjies.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

  • 300 ml melk
  • 50 g witsuiker
  • 10 g kitsgis
  • 450 g broodmeel
  • 50 g kakaopoeier
  • 7,5 ml sout
  • 90 g botter, by kamertemperatuur
  • 500 ml olie vir diepbraai

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Whisky-karamelsous

Maak sowat 400 ml sous (Afhangend van hoe ver jy dit afkook.)

  • 300 ml room
  • 100 g botter
  • 5 ml (1 t) vanielje-ekstrak
  • 540 g suiker
  • 180 ml water
  • 60 ml whisky

Metode

  1. Verhit die melk oor lae hitte in ’n klein kastrol tot liggaamstemperatuur. Toets die melk met jou vinger – jou vinger moenie brand nie, anders sal die hitte die gis doodmaak.
  2. Gooi die melk in ’n maatbeker en meng die suiker en gis daarby.
  3. Gooi die meel, kakao en sout saam in die mengbak van ’n elektriese menger met ’n deeghaak.
  4. Gooi die louwarm melkmengsel by die meel en meng tot die deeg bymekaarkom maar nog nie glad is nie. Voeg die botter stuk-stuk by en meng goed tot ’n gladde, egalige deeg vorm wat van die kante van die mengbak wegtrek en ’n blink bal vorm.
  5. Maak die mengbak met kleefplastiek toe en laat die deeg op ’n warm plek tot dubbel die grootte rys.
  6. Keer die deeg uit op ’n skoon werkvlak wat liggies met meel bestuif is. Knie die deeg ’n bietjie en verdeel in twee dele. Rol die eerste deel met ’n rolstok uit tot omtrent 2 cm dik. Sny met ’n 4 cm-koekiedrukker klein, ronde doughnut-sirkels uit die deeg (druk die koekiedrukker in die meel om die snyslag makliker te maak). Pak die doughnuts uit op ’n bakplaat en bedek liggies met kleefplastiek. Laat staan vir sowat 30 min. tot dit weer tot dubbel die grootte gerys het.
  7. Maak die karamelsous (resep onder) terwyl die deeg die tweede keer rys.
  8. Verhit intussen die olie in ’n middelslagkastrol. Hou ’n gaatjieslepel en ’n bord wat met kombuispapier uitgevoer is langs die kastrol gereed.
  9. Toets met ’n stukkie van die deeg of die olie warm genoeg is. As die deeg vinnig begin borrel en na bo dryf, is die olie warm genoeg.
  10. Diepbraai ’n paar doughnuts op ’n slag tot goudkleurig en gaar. Lig met ’n gaatjieslepel uit die olie en dreineer op die kombuispapier.
  11. Gooi die warm karamelsous oor die doughnuts en smul.

Whisky-karamelsous

  1. Verhit die room, botter en vanielje in ’n klein kastrol oor matige hitte. Roer deurentyd totdat die suiker opgelos is. Die suiker moet opgelos wees voordat die mengsel begin kook omdat dit die kans verminder dat die suiker kristalliseer.
  2. Verhoog die temperatuur en laat die mengsel kook totdat die karamel goudkleurig begin word. Moenie weer roer nie. Die karamel is aanvanklik deurskynend en dik, maar word daarna donkerder. Wees nou versigtig, want dit brand baie maklik. Haal van die hitte af en gooi die room versigtig by die karamel. Roer met ’n draadklitser tot glad en voeg die whisky by.
  3. Laat die karamel in die kastrol afkoel, of gooi in ’n hittebestande bak. Gooi die sous net voor opdiening oor die donuts.
Deel
Gepubliseer deur
Catherine Schenck

Onlangse plasings

Papawersaad-en-suurlemoen-koek

Bestanddele   Susan sny elke laag deur en vorm so ’n vierlaagkoek. Ons het die resep…

6 hours Gelede

‘Suidooster’ storm voort met hul immergewilde Stomsterk-konsert!

Die kykNET-sepie Suidooster se sterre skitter weer helder by vanjaar se Suidoosterfees by die Kunstekaap.  …

7 hours Gelede

Vyf voetsorgwenke om jou voete tydens jou ouer jare gesond te hou

Daar is ’n ou stukkie Chinese wysheid wat sê: “Jy sterf van jou voete af…

7 hours Gelede

Heerlike kuierkos-spyskaart vir Paasfees

Vier Paasfees met ’n lang, uitgerekte kuier in die buitelug. Hier is heerlike en maklike…

8 hours Gelede

Vyf planne vir kwaliteittyd met jou kind

Ontglip jou kind jou elke keer as jy wil gesels? Hier is ’n paar wenke…

9 hours Gelede

Die Wincklers kuier by Rian: ‘Dit was moeilik om daardie tyd stil te bly, maar dis wat die Here vir my gesê het’

Heinz en Aletté-Johanni Winckler was vandeesweek Rian van Heerden se gaste op Laataand by Rian. Dié…

10 hours Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.