kategorieë: Ontspanning

Valentynsdaggeskenke

Stap-vir-stap Origami-hartjie

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Stap 1: Vou die reghoek in die helfte met die patroon aan die buitekant.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Stap 2: Vou dit weer in die helfte om die middellyn te merk. Maak dit dan weer oop.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Stap 3: Vou die een kant boontoe teen ’n 45° hoek sodat die rand in lyn is met die middelpunt.

Stap 4: Herhaal stap 3 met die ander kant.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Stap 5: Draai die papier om. Vou die bokant afwaarts (omtrent 1/3 van die gedeelte).

Stap 6: Vou die hoeke om ’n hartjie te vorm.

Inligting deur NetFlorist.

Resep vir langdurende rose …

Jou rose is dors en moet tussen agt en 12 ure water drink om versadig te word. Met goeie behandeling sal jou rose langer hou.

– As jy rose vir langer as 15min buite water was, sny 2cm van die stamme af teen ’n hoek om die waterinname te verhoog. Gebruik ’n skerp mes of skêr en moenie die stam buig of beskadig nie.
– Verwyder enige verkleurde blare aan die roos se buitekant en enige blare wat onder die waterlyn voorkom.
– Vul ’n vaas (nie-metaal) met water en voeg een sakkie “blomkos” by.
– As jy die stamme elke twee tot drie dae sny, sal die rose langer hou. Wanneer jy die stamme klaar gesny het, was die vaas en gooi nuwe water en ’n nuwe sakkie “blomkos” in voordat jy die rose herrangskik.
– Hou die rose weg van direkte sonlig, lugverkoeling en hitte – sodoende sal dit langer hou.

Resep vir blomkos:
1 Eetlepel suiker (om die blomme energie te gee)
1 Teelepel blykmiddel (om enige bakterieë dood/skoon te maak)
1 Teelepel asyn (om die blomme nuwe lewe te gee)
2 Liter water
Meng al die bestanddele saam en voeg die nodige hoeveelheid by die blomme se water.

Inligting deur NetFlorist.

Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose
Tags: dekorresepte

Onlangse plasings

‘The Mommy Club’ se Johandri: “As dit soos hoërskooldrama voel, hou ek my afstand”

Showmax se gewilde werklikheidsreeks, The Mommy Club: Van die Hoofstad bied ’n vars, maar soms…

47 minutes Gelede

Nuwe herfsspyskaart by Creation is meer as kos en wyn

Deur Maryke Roberts. Foto’s: Clifford Roberts     Creation het ook pas by die Eat…

1 hour Gelede

Koek met sjokolade en souterige karamel

Lewer 1 groot koek   Bestanddele   Karamel met sout 200 g suiker 60 ml…

2 hours Gelede

Vyf vrae aan Anna Davel oor Suidoosterfees se ‘Konsert van Hoop’

Die 22ste Suidoosterfees word ingelui deur ’n indrukwekkende konsert van populêre en klassieke musiek. Anna…

4 hours Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met Kristen Raath oor ‘Niggies’ en ma-wees op skerm

Hooffoto: Stavros Cassapis   Sedert die eerste episode van Niggies op kykNET uitgesaai is, het…

5 hours Gelede

PAS BEKEND | Nuwe kykNET-reeks verken dramas en intriges van nuuskantoor

Adri Joubert was vir twee dekades die koel, kalm, gerusstellende gesig en stem van die…

8 hours Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.