Foto: www.freepik.com
– Deur Bea Lingenfelder. Hooffoto Freepik
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }Al val Valentynsdag vanjaar op ’n weeksdag, beteken dit nie jy hoef al jou planne na die naweek te skuif nie. Maar o wee, hoe gemaak as jy vasdraai en jou afspraak is om die draai, of jou planne val deur die mat en jy moet op iets anders besluit? Of jy nou daarvan hou om hierdie liefdesdag alleen, saam met vriende of met ’n spesiale iemand te spandeer, ons het ’n paar #reddingsitems uitgesoek wat jou van dag-tot-aand gereed sal hê.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }
’n Mooi rok bly altyd ’n wenner – dit is klassiek, stylvol en sinoniem met vroulik. Daar is soveel verskillende style om vanuit te kies dat jou opsies vir #reddingsitems amper oneindig is. Ons het egter besluit op ’n klassieke kantoorbaadjie en hakke. Hoewel jou klassieke dunhakskoen tydloos is, is blokhakke deesdae baie gewild en jy sal ook nie teen die einde van die aand voel of jy kaalvoet deur vuur geloop het nie. Boonop is dit geskik vir informele én glansaand-geleenthede. Deftige sandale is ook ’n goeie keuse. Eksperimenteer met jou bykomstighede – ’n interessante palmsakkie sal jou daguitrusting dadelik opkikker en gepas maak vir ’n aand-afspraak. Wissel jou fokus tussen jou juwele en handsak: as die een aandag trek, hou die ander eenvoudig.
Party van ons verkies ’n gemaklike tweestuk bo rokke. Items soos wyepypbroeke met ’n hoë lyf of eenstukke en kantoorpakke maak dit egter maklik om bedags én saans te dra. Ons reddingsitems is in hierdie geval effens meer spesifiek omdat dit baie van die vorm van jou uitrusting afhang. As jy iemand is wat van kantoorpakke hou, hoef jy slegs staat te maak op ’n buitengewone juweelstuk om jou nek of oorringe en siedaar! Hemde met slagspreuke het ook die afgelope jaar die loopplanke oorgeneem – ’n uitklokbroek en hemp kan jou met gemak soos ’n modevoorstander laat lyk. Kikker dit op met ’n nekserpie en skouersak.
Verkies jy iets meer klassiek of tradisioneel? Maak staat op ’n rekbare broek en ’n besondere bloes. Ons beveel ’n netjiese paar punthakskoene en bypassende handsakkie aan, sodat dit ’n eenheid vorm. Hou jou juwele klassiek – goud, roosgoud en silwer met diamante sal jou nooit in die steek laat nie.
Almal wat Afrikaans praat, ken ’n storie oor waar hulle en die taal vandaan kom,…
Nadia Beukes, wat bekend vir haar veelsydige loopbaan as aktrise, stemkunstenaar en televisie-aanbieder is, het…
Deur Maryke Roberts. Foto’s: Clifford Roberts ‘n Geskiedkundige geleentheid op Groot Phesantekraal buite…
In vandeesweek se episode het glanssjef Bertus Basson en koskenner Kobus Botha met nog ’n…
Hierdie bruintjie-kolwyntjie-resep is baie maklik en regtig smullekker! Deur Vickie de Beer
Sandi Schultz verras weer in Diepe Waters (kykNET, DStv kanaal 144), maar dié keer as…
Hierdie webwerf gebruik koekies.