kategorieë: WenkeMode

Valentynsdag: ruil jou styl volgens jou afspraak

Piekniek

As daar ’n piekniek betrokke is, is die kanse goed dat julle op die grond gaan sit. Dus moet gemak heel bo aan jou lysie wees wanneer jy jou uitrusting beplan. Of julle nou piekniek hou met sjampanje en happies, of met pizza, los liefs daardie skemerkelkierok vir ’n ander aand. Kies ’n uitrusting wat informeel tog vroulik is en jou toelaat om gekruisde en reguit bene te sit, op jou elmboë te kan lê, ensovoorts. ’n Kortbroek bly ons eerste keuse, maar ’n rekbroek is ook gepas. Hou jou bykomstighede eenvoudig en maak seker daar is altyd ’n haarrekkie of -knip byderhand, om ’n harige peuselhappie te voorkom.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Rooi bloes (R399) Mango

Vlootblou kortbroek (R229) Studio W

Blokhakskoen (R1 095) Aldo

Strooihoed (R125) Poetry

Goue armband (R329) Aldo

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Deftige ete

Hierdie afspraak is jou kans om voluit te gaan. Eksperimenteer met glansryke materiale en elegante uitrustings. Dit is altyd ’n goeie idee om die restaurant se webtuiste te besoek, sodat jy jou uitrusting daarvolgens kan beplan. Uitrustings in een kleur of uitrustings met verskillende skakerings van een kleur hou jou voorkoms stylvol. Hoewel almal altyd op daardie swart nommertjie staatmaak, kan ander kleure soos wynrooi, vlootblou, poeierpienk en laventelpers by enige atmosfeer pas. Uitklokrokke en speelpakke (jumpsuits) is veral gewild in 2017.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Laventelpers maksirok (R2 199) Forever New

Smaraggroen maksiromp (R549) Designer Warehouse

Vlootblou maksirok (R1 699) Forever New

Hakskoen met blompatroon (R1 099) Nine West

Palmsakkie (R160) Call It Spring

Pêrel-oorbelle (R119) Miladys

Fliek-aand

Op die rusbank, by ’n inry of in ’n teater – niks spel romanties soos ’n film waarvan julle albei hou nie. Jou keuse van klere is met hierdie afspraak minder beperk, maar vir die spesiale geleentheid kan jy jou alledaagse uitrusting ’n tikkie romanse gee met bykomstighede of ’n paar besonderse hakskoene. Tydens ’n fliek-aand is daar egter net een faktor wat jy in gedagte moet hou: Skuif raserige materiale opsy. Wees versigtig vir reënjassies en ander klere wat van Gorê-tex en Tyvek-materiaal gemaak is, omdat dit raserig is en die ander mense in die fliek kan steur.

Poeierpienk-minirok (R399) Woolworths

Bruin leerbelt met tossels (R716) Country Road

Midiromp met blompatroon (R699) Poetry

Vlootblou hakskoen (R1 599) Aldo

Poeierblou leerbaadjie (R1 334) Zara

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Bergklim

Die feit dat julle bergklim gekies het om Valentynsdag mee te vier, verklap julle avontuurlustige persoonlikhede en liefde vir die natuur. Met hierdie afspraak is modieuse kleredrag nie bo-aan jou lysie nie, maar daar is egter geen verskoning om steeds nie op jou beste te lyk nie – dit is immers ’n spesiale geleentheid. Sportdrag het teen hierdie tyd al so modieus geraak, dat dit selfs as dagdrag gedra word! Maak seker jou uitrusting is beweeglik en koel. Kies ’n katoenhemp bo poliëster, omdat katoen minder bakterieë vasvang wanneer jy sweet. Klere met mesh is ook altyd ’n wenner.

Grys frokkie (R599) Nike

Kortbroek met blompatroon (R299) Cotton On

K-Way Sonkep (99) Cape Union Mart

Swart spanbroek met kleursegment (R449) Cotton On

Tekkie (R2 199) New Balance

Sonsondergang op ’n boot

’n Glasie sjampanje, peuselhappies en ’n prentjiemooi sonsondergang – ’n Valentynsdag so reg uit die boeke. Moenie dat iets soos jou windverwaaide hare hierdie oomblik versuur nie. Waar daar ’n boot is, is daar wind wat jou hare in sy verslaap-styl gaan waai. As jy nie jou hare wil opbind nie, is ’n serpie jou redding. Belê in ’n somerserp wat jy om jou kop kan drapeer en verhoed dat jou hare in jou metgesel se sjampanje waai. ’n Klassieke eenstuk met elegante sandale waarborg ’n vroulike silhoeët en jy hoef jou nie te bekommer oor ’n rok wat sal opwaai nie.

Serpie met blompatroon (599) Accessorize

Gestreepte speelpak (R1 399) Forever New

Moulose jas (R2 599) Witchery

Sandale (R209) Zoom

Ring met blaarmotief (R187) Lovisa

Deel
Gepubliseer deur
Michelle Nortje

Onlangse plasings

Stel die verbruiker se ervaring eerste! MSI se reis van 20 jaar om ’n ryk van skootrekenaars te bou

’n Nalatenskap wat daarop gebou is om hul verbruikers te verstaan  Oor die afgelope 20…

5 hours Gelede

Het jy wat dit vat vir ‘Die brug’ se tweede seisoen?

Iewers op ’n eiland met ’n toring staan nog ’n skatkis wat R1 miljoen kontant…

11 hours Gelede

Smelt-in-die-mond-koekies

Maak 30 koekies • 500 ml (2 k) koekmeel • 80 ml (1⁄3 k) kakao…

12 hours Gelede

Geurige tamatie-en-wors-gebak

Geurige tamatie-en-wors-gebak. Resep deur Vickie de Beer   Lees ook: Geurige worsies met sampioene en…

13 hours Gelede

Gebakte Carbonara

Vir hierdie heerlike gebakte Carbonara druk jy die blokkies mozzarella tussen die pennepasta in! Resep…

13 hours Gelede

Ribollita

Ribollita is ’n Toskaanse sopbredie. Dit word soos ’n sop gemaak maar is so lekker…

13 hours Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.