Deur Vickie de Beer
Appelkoos-en-klapperkoekies
Hou goed in ’n lugdigte houer vir omtrent 2 weke.
Maak sowat 24 koekies
- Voer ’n 30 cm x 24 cm bakplaat met bakpapier.
- Smelt 100 g (1/3 k + 2 e + 1 t) botter en 180 ml (¾ k) kondensmelk in ’n kastrol oor matige hitte. Bring tot kookpunt en prut oor lae hitte vir 2 min. terwyl kort-kort geroer word. Verwyder van die hitte.
- Voeg 250 gekrummelde tennisbeskuitjies, 150 g appelkose, gesnipper, 90 g klapper en 30 ml (2 e) suurlemoensap by en meng goed.
- Druk die mengsel in die bereide bakplaat en laat set in die yskas.
- Sny in blokke.
Sjokolade-en-karamelkoekies
Hou vir omtrent 2 weke in die yskas.
Maak sowat 30 balletjies
- Kap 100 g (1 blok) donker sjokolade en 100 g (1 blok) melksjokolade fyn en plaas in ’n mikrogolfvaste bak.
- Stel die mikrogolf op ontvries, en smelt die mengsel, roer elke 30 sek. tot glad.
- Klop 185 ml (200 g) karamel kondensmelk tot glad en voeg die gesmelte sjokolade daarby.
- Meng 10 ml (2 t) vanieljegeursel, 8 tennisbeskuitjies, gekrummel, 100 g gekapte droë bosbessies, 75 g gekapte amandels en 30 ml (2 e) versiersuiker by die sjokolademengsel.
- Rol in balletjies en druk effens plat bo-op.
- Laat set.