kategorieë: LeesOntspanning

Hoekom jy die Insektopedie vir die vakansie moet inpak

Hoekom dink ons groter is beter? Ons tel die leeus, olifante en krokodille as ons in die veld is … en vergeet van die kleinnode reg rondom ons. Fantasmagoriese besies en antieke stokinsekte. Elegante waterjuffers en kleurryke liewenheersbesies en listige mierleeus en raasbek sonbesies en grillerige krieke. Dit is hoogtyd dat ons ’n slag náder kyk.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Daarvoor is die Insektopedie – die Geheime Wêreld van Suid-Afrikaanse Insekte, geskryf deur prof Erik Holm, die ideale boek met honderde pragtige kleurfoto’s en verstommende interessanthede. As julle ’n bietjie teleurgesteld is na ’n leeu-lose dag in die veld, trek hom nader en verdiep julle in die fassinerende miniatuurwêreld onder jul voete en in die bome, plante en lug rondom julle.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Hoekom jy van goggas moet weet

Hulle is in beheer van ons wêreld – en ons ken hulle nie eers nie, vertel prof Erik Holm. “Hulle maak 75% van alle lewende spesies op aarde uit. Leeus en ander diere saam maak maar net 0.05% uit.”

Maar nog belangriker is die groot, totaal onderskatte effek wat hulle op ons wêreld het.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

“Wat sal gebeur as insekte uitgewis word?” vra prof. Holm … en antwoord homself, soos jy kan verwag van iemand wat gek is na sy onderwerp.

“Gestel ons kan alle insekte binne een dag net in Suid-Afrika met ’n super insekdoder uitroei. Binne ’n week sal sowat 550 van ons 960 voëlspesies sterf omdat hul kosbron uitgewis is; ál ons paddas en ander amfibië sal dood wees want hulle leef uitsluitlik op insekte; meer as die helfte van ons reptiele soos akkedisse sal dood wees. So ook die helfte van ons visspesies (160 soorte) en sowat 200 van ons soogdierspesies – 1 450 spesies in totaal.”

Klaar is dit nog nie.

“Sonder insekte gaan ons blomplante binne ’n jaar verdwyn – sowat 85% van ons plante. Bol- en ander plante soos bome sal kan oorleef tot aan die einde van elke plant se natuurlike leeftyd. Sonder insekbestuiwing sal min oorleef. Daarsonder val nog ’n klomp diere weg.”

Dan kom die finale doodsteek.

“Die grond gaan tot niet, want goggas dolwe grond om, neem reste weg, dra saad rond, sorg vir tonneltjies wat grond belug en water toelaat om die grond binne te dring. Daarsonder is daar nie plantegroei van enige aard nie – en g’n kos vir mens of dier nie.”

Daar is net een afleiding om te maak: ons moet ons goggas leer waardeer en die respek toon wat hulle verdien – en hulle leer ken. Die Inseklopedie is perfek vir ure se absolute inlewing in die goggawêreld.

Wat sal jy in die Insektopedie kry?

Die handige boek gaan vir jou en die kinders vertel:

  • Watter van al die klanke in die veld rondom jou kom van goggas?
  • Wat is ’n voorsanger?  En wat beteken dit as hy skielik stilbly? Kan julle hom lok om weer te begin sing?
  • Hoe warm is dit? Jy kan uit die ritme van ’n mannetjieskriek se gekriek vasstel hoe warm of hoe koud dit is.
  • Watter gogga maak hierdie soort nessie?
  • Of sommer net op die basieste vlak: watter goggasoort is dit?

As jy gek is na daardie soort van lekker maar nuttelose inligting gaan die boek ’n heerlike bron wees. Jy sal juweeltjies optel soos dat ’n vlieg met sy voete ruik, dat baie watergoggas glad nie kan swem nie en dat Kalahari-toktokkiewyfies mannetjies wat vlerk sleep optel en weeg. As hy te lig is, verwerp sy hom.

Die verrassendste vir my is dat miere sowaar dwelmafhanklik kan raak. Hulle is so begerig na die dwelmmiddel wat deur mierkewers afgeskei word dat hulle hul eie papies aan hulle voer.

Waar om die Insektopedie te koop

R290 by boekwinkels. Of bestel direk van Struik by www.penguinrandomhouse.co.za

Dit is ook ’n lieflike geskenk vir Pa, en vir enige natuurliefhebber en almal wat graag 4×4 ry.

Hoe krieke vir jou vertel hoe warm dit is

Jy kan die kinders die hele vakansie besig hou met hierdie een.

Die formule werk so
Tel hoeveel keer die kriek in 25 sekondes kriek. Deel die getal deur drie. Tel dan vier by.

Voorbeeld
Jy tel 48 krieke in 25 sekondes.
Die temperatuur  is
(48 / 3) + 4
= 16 + 4
= 20 °C

Deel
Gepubliseer deur
Salome Delport

Onlangse plasings

Stel die verbruiker se ervaring eerste! MSI se reis van 20 jaar om ’n ryk van skootrekenaars te bou

’n Nalatenskap wat daarop gebou is om hul verbruikers te verstaan  Oor die afgelope 20…

3 hours Gelede

Het jy wat dit vat vir ‘Die brug’ se tweede seisoen?

Iewers op ’n eiland met ’n toring staan nog ’n skatkis wat R1 miljoen kontant…

9 hours Gelede

Smelt-in-die-mond-koekies

Maak 30 koekies • 500 ml (2 k) koekmeel • 80 ml (1⁄3 k) kakao…

10 hours Gelede

Geurige tamatie-en-wors-gebak

Geurige tamatie-en-wors-gebak. Resep deur Vickie de Beer   Lees ook: Geurige worsies met sampioene en…

10 hours Gelede

Gebakte Carbonara

Vir hierdie heerlike gebakte Carbonara druk jy die blokkies mozzarella tussen die pennepasta in! Resep…

10 hours Gelede

Ribollita

Ribollita is ’n Toskaanse sopbredie. Dit word soos ’n sop gemaak maar is so lekker…

11 hours Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.