Vadersdaggeskenke vir ’n modebewuste pa Deur Susra Matthee en Bea Lingenfelder. Hooffoto: Pexels
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }
Die bekende denimhemp is die perfekte naweekitem. Dit is netjieser as ’n T-hemp, maar nie te netjies vir informele uitstappies nie. Denim is ook een van daardie wondermateriale wat met verloop van tyd net lekkerder dra.
Denimhemp (Prys op aanvraag) Levis
Lees ook: Die beste skoonheidsgeskenke vir jou pa
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }
Net soos met vrouemodes is geruite items hierdie winter ook groot nuus in die manswêreld. Jy kan uit verskeie style kies, soos die Skotse tartan, preppy-aksente en houtkapperblokkies wat op alles van hemde en baadjies tot serpe voorkom.
#rrWenk: Hierdie tipe serp sal by enigiets – vanaf patrone tot effekleurig – inpas.
Serp (R199) Woolworths
Staan opsy, tekkies en inglipskoene, die sweedsleerskoen neem hierdie winter die voortou!
Sakerings van bruin is hierdie winter dié kleur vir mans- en vrouemodes en die styl werk goed saam met denims en hemde van enige kleur.
Skoen van Country Road (R1599) Woolworths
Hierdie tops is ewe geskik vir die gim sowel as naweek-aktiwiteite. Die styl is so bietjie cooler as ’n gewone trui en sal sommer ’n hele klompie jare by die draer afskud. Jy kan uit ’n verskeidenheid kleure kies, maar grys bly ’n tydlose keuse.
Sweetpaktop (R499) Zara
Die hoed kruip al ’n geruime tydjie stadig maar seker weer sy pad na bo in die modewêreld, en vanjaar is dit weer een van die grootste tendense vir die winter.
Hoede is nie meer net om die son weg te keer nie, maar maak ook nou ’n modestelling. Die bofbalkeps is die styl wat mansmodes se loopplanke oorheers het.
#rrWenk: Hou die res van die voorkoms informeel en gemaklik saam met T-hemde, jeans of kortbroeke.
Bofbal-hoed (R499) Zando
Daar is niks preppy aan hierdie golfhemde nie – dit is meer vleiend as ’n gewone T-hemp en kan selfs saam met ’n pak gedra word.
#rrWenk: Kies een in klassieke swart vir ’n stylvolle afronding.
Golfhemp (R250) Woolworths
Granola is deesdae nie net meer vir ontbyt bedoel nie. Hierdie krakerige kombinasie van sade…
Showmax het pas die amptelike lokprent vir The Mommy Club: Van die Hoofstad, vrygestel. Dis…
In die derde episode van kykNET se skitterende Kokkedoor Vuur & Vlam-reeks moes die deelnemers…
Deur Maryke Roberts. Foto's: Maryke Roberst en verskaf/Departement Kultuur en Toerisme, Abu Dhabi …
Brandrissies is nie in almal se smaak nie en nie almal se palet hou van…
Hierdie webwerf gebruik koekies.