kategorieë: Bekendes

Usain Bolt tree af

Usain Bolt, oftewel Lightning Bolt, neem sy laaste treë as professionele atleet hierdie komende week by die IAAF-wêreldatletiekkampioenskappe in Londen. Bolt het die afgelope paar wedrenne nie so goed gevaar as wat verwag is nie, maar hy is vol selfvertroue dat hy goed sal vaar, nee, sal wen, tydens die IAAF-wedrenne.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Bolt, wat op 21 Augustus sy 31ste verjaarsdag vier, word gereken as een van die beste atlete van alle tye. Hy is gebore in Jamaika en het op ’n jong ouderdom reeds uitgeblink in verskeie sportsoorte, veral in naellope. Hy het in sy tienerjare begin deelneem aan internasionale sportbyeenkomste, maar het atletiek eers ernstig begin opneem in sy vroeë twintigs toe hy in die meer professionele arena begin deelneem het.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Bolt is veral lief vir krieket en noem dat as hy nie ’n naelloper was nie sou hy ’n bouler wou wees. Hy is bekend as ’n grapmaker en vir sy selfvertroue. Vele kommentators het al genoem dat daar min atlete met soveel persoonlikheid en vernuf is en in dié opsig is hy al vergelyk met persone (of eerder, persoonlikhede) soos Muhammad Ali.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Dit is jammer dat die dae van Bolt wat dans en sy bekende weerligteken na ’n wedloop gee, getel is. Sy indrukwekkende prestasies is iets wat ons sal onthou.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write('
'); }

Nie bekend met Bolt se prestasies nie? Hier is vir jou ’n (blits)vinnige opsomming:

Elf goue medaljes by die IAAF-Wêreldkampioenskappe

Berlyn 2009: 100m, 200m, 4x100m aflos

Daegu 2011: 200m, 4x100m aflos

Moskou 2013: 100m, 200m, 4x100m aflos

Beijing 2015: 100m, 200m, 4x100m aflos

Agt goue medaljes by die Olimpiese Spele

Beijing 2008: 100m, 200m. Hy sou ook goud vir die 4x100m aflos verower het, maar sy span is van hul goud ontneem nadat spanmaat Nesta Carter positief getoets het vir onwettige opkikkers.

Londen 2012: 100m, 200m, 4x100m aflos

Rio de Janeiro 2016: 100m, 200m, 4x100m aflos

Twee wêreldrekords

100m in 9.58 sekondes (Beijing 2009)

200m in 19.19 sekondes (Beijing 2009)

Nie een van hierdie twee rekords is sedertdien al verbeter nie.

Bolt is ’n uitgesproke teenstander van die onwettige gebruik van middels in atletiek. Hy sê dat atlete die sport ernstig moet begin opneem en dat hulle wel uitgevang sal word. Dit kom nadat wêreldatletiek deur ’n donker tyd gegaan het, veral na die wêreldbyeenkoms in Rusland (2013) waar vele atlete gediskwalifiseer is oor die gebruik van onwettige middels. Bolt is wel positief oor die situasie, want hy noem dat, ná daardie gebeurtenis, is daar net een rigting waarin atletiek kan beweeg, en dit is opwaarts.

Bolt skryf die rede vir sy aftrede toe aan sy lyf. Hy het in onderhoude genoem dat hy besig is om oud te raak en dat hy jare lank al met beserings sukkel. Hy voel dit is tyd om sy hardloopskoene op te hang, ten minste in die professionele arena. Bolt het egter genoem dat hy nie ophou oor enige ander redes nie, veral nie omdat hy ’n verandering in sy houding teenoor dié sport ondergaan het nie. Sy bekende veg- en sportgees is steeds daar. Hy het hierdie week in onderhoude genoem dat hy nie eers die vraag wil beantwoord oor wat sou gebeur as hy sy laaste wedlope verloor nie, want hy sal nie verloor nie.

Verder is dié kampioen mal oor ons eie ster, Wayde van Niekerk (25), en hy dink dat van Niekerk, bo enigeen anders, die volgende groot uitblinker sal wees. Bolt het ook verlede jaar by die Olimpiese Spele in Rio de Janeiro die vieringe vir sy 100m oorwinning onderbreek om vir van Niekerk te groet en sy reaksie toe van Niekerk die 400m-wêreldrekord gebreek het tydens dié spele het die internet laat gons.

Lees ook: Goud plus ’n wêreldrekord vir Wayde van Niekerk

Lees ook: Wayde van Niekerk maak SA weer trots!

Bolt is nog nie seker wat hy wil doen na sy aftrede nie, maar dié Manchester United-aanhanger het gegrap dat as sy gunstelingspan se bestuurder, José Mourinho, hom bel, sal hy nie “nee” sê nie. Hy het verder gesê dat hy hierdie oproep net na sy laaste wedren sal verwag. Ander planne sluit in motiveringspraatjies en dalk ook ’n paar aksiefilms. Een ding is seker, en dit is dat dié groot persoonlikheid nie sommer sal verdwyn nie.

Bolt het gisteraand sy hardloopskoene vir die IAAF-byeenkoms onthul. Die pers is die kleure van sy hoërskool, waar sy loopbaan begin het. Die goud, aan die ander kant, sê hy, is vanselfsprekend. Bolt hardloop sy laaste 100m op Saterdag, 5 Augustus 2017 en neem deel aan sy laaste 100m afloswedren op 12 Augustus. Dit is iets wat nie misge(nael)loop moet word nie.

Deel
Gepubliseer deur
Catherine Schenck

Onlangse plasings

Stel die verbruiker se ervaring eerste! MSI se reis van 20 jaar om ’n ryk van skootrekenaars te bou

’n Nalatenskap wat daarop gebou is om hul verbruikers te verstaan  Oor die afgelope 20…

5 hours Gelede

Het jy wat dit vat vir ‘Die brug’ se tweede seisoen?

Iewers op ’n eiland met ’n toring staan nog ’n skatkis wat R1 miljoen kontant…

11 hours Gelede

Smelt-in-die-mond-koekies

Maak 30 koekies • 500 ml (2 k) koekmeel • 80 ml (1⁄3 k) kakao…

12 hours Gelede

Geurige tamatie-en-wors-gebak

Geurige tamatie-en-wors-gebak. Resep deur Vickie de Beer   Lees ook: Geurige worsies met sampioene en…

12 hours Gelede

Gebakte Carbonara

Vir hierdie heerlike gebakte Carbonara druk jy die blokkies mozzarella tussen die pennepasta in! Resep…

12 hours Gelede

Ribollita

Ribollita is ’n Toskaanse sopbredie. Dit word soos ’n sop gemaak maar is so lekker…

12 hours Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.