Die Vyfde Unisa Nasionale Klavierkompetisie gaan vanjaar ’n nuwe Jazz-kategorie hê wat gelyktydig met die Klassieke kategorie aangebied word.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }Dit vind van 11 tot 18 Julie 2015 plaas in die Z K Matthews-Grootsaal op Unisa se Muckleneuk-kampus in Pretoria.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }Die kompetisie, geborg deur Unisa, is bekend vir die hoë vlak van tegniek, stamina, musikaliteit en fokus wat dit van die jong pianiste verg. Altesaam R190 000 se pryse dien as aansporing vir die kandidate om in te skryf. Die rondtes is oop vir die publiek en beloof om weereens ’n hoogtepunt op die musikale kalender in Pretoria te wees.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }Van die land se mees gerespekteerde pianiste en klavierpedagoë gaan op twee panele dien: Ruth Goveia, Malcolm Nay, Elna van der Merwe en Wessel van Wyk vir die Klassieke kategorie en Neil Gonsalves, Paul Hanmer, Roland Moses en Andre Petersen vir die Jazz kategorie. Prof Karendra Devroop, Adjunkdirekteur van die Unisa Musiekstigting sal op beide panele dien.
Die vorige wenners van die Unisa Nasionale Klavierkompetisie is Mark Nixon (1999), Ben Schoeman (2003), Johan Botes (2007) en Jan Hugo (2011).
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }Senior klavierstudente, 28 jaar en jonger, word uitgenooi om hulle inskrywings voor of op 27 Februarie na die Unisa Musiekstigting te stuur. Die reëls, regulasies en inskrywingsvorm is beskikbaar op die webtuiste van die Unisa Musiekstigting: www.unisa.ac.za/musicfoundation
Showmax se gewilde werklikheidsreeks, The Mommy Club: Van die Hoofstad bied ’n vars, maar soms…
Deur Maryke Roberts. Foto’s: Clifford Roberts Creation het ook pas by die Eat…
Lewer 1 groot koek Bestanddele Karamel met sout 200 g suiker 60 ml…
Die 22ste Suidoosterfees word ingelui deur ’n indrukwekkende konsert van populêre en klassieke musiek. Anna…
Hooffoto: Stavros Cassapis Sedert die eerste episode van Niggies op kykNET uitgesaai is, het…
Adri Joubert was vir twee dekades die koel, kalm, gerusstellende gesig en stem van die…
Hierdie webwerf gebruik koekies.