1. Gebruik ’n ou raam en verf dit ’n kleur wat by jou kombuis pas. Hakkies wat indraai kan gebruik word om die draad te span. Jou afdroogdoeke het nou ’n plekkie om droog te word nadat jy dit gebruik het.
2. ’n Koekroller dien ook as maklike stoorplek vir vadoeke. Jy kan ’n hakkie gebruik om die roller teen die muur vas te bou.
Jy kan ook die roller met spykers in die muur vasmaak. Maak net seker dit word ’n entjie weg van die muur vasgemaak sodat jy die vadoeke maklik kan ophang.