Deur Clifford Roberts. Foto’s: Maryke Roberts
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }
Die boek word deur Quivertree uitgegee en alle winste word teruggeploeg in die Grootbosstigting.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }Die pragboek – ’n omvattende gids waarin 44 botaniese kunstenaars van regoor die wêreld altesaam 120 kunswerke geskep het saam met die insigte van skrywer, bioloog en Grootbos-bewaringsdirekteur Sean Privett – is waarskynlik die grootste prestasie om die dieper wonders van die Kaapse blomme-erfenis vir ’n wyer gehoor toeganklik te maak.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }
“Wat ons probeer doen het, is om te wys wat ons by Grootbos het, maar dit is ook die storie van die Kaap en die Kaapse flora – die rariteit, diversiteit en bedreiging,” het Sean vertel. “Die narratiewe en wetenskap is daar. Baie van daardie stories staan in wetenskaplike joernale en publikasies, en ons moes ’n manier vind om dit oor te dra, na iets wat verband hou met die gemiddelde toeris. Ons het dit vir baie jare gedoen deur ’n span fantastiese gidse.”
Die projek – wat bestaan uit die boek en fynbosgalery by die Grootbos Privaat Natuurreservaat in die Overberg, waar die oorspronklike kunswerke uitgestal word – is gelei deur Sean en die bekende botaniese kunstenaar, Vicki Thomas, Grootbos se inwonende kunstenaar, Chris Lochner en Grootbos-eienaar Michael Lutzeyer.
Die boek bevat ’n openingsbrief deur Dr. Shirley Sherwood OBE, stigter van die gelyknamige kunsversameling wat by Kew Gardens in Londen gehuisves word; en voorwoord deur Richard M. Cowling, ’n emeritusprofessor in die Plantkunde-departement aan die Nelson Mandela Universiteit.
“Die Kaapse Blomkoninkryk – ’n strook kusvlakte en berge wat langs die Kaapse kus van die Cederberge in die noordweste tot by Algoabaai in die suidooste strek – spog met ’n rykdom van sowat 9 000 plantspesies, waarvan meer as tweederdes endemies is,” skryf dr. Cowling. “Hierdie diversiteit is net die tweede na die tropiese Andes. Ewe divers is die insekfauna, hoewel dit nie so omvattend bestudeer is nie, so wêreldwye vergelykings sal moet wag.”
Baie van die honderde spesies – waarvan sommige nog nie voorheen opgeteken is nie – is by Grootbos gevind en word in meer as 300 bladsye van die Florilegium-boek beskryf.
Tradisionele florilegiums word uitsluitlik geassosieer met plante wat in isolasie uitgebeeld word. Die naam self kom van die Latyn, flos, wat blom en legere beteken, om te versamel. Die inskakeling van ander spesies en landskappe is volgens die uitgewer ongehoord, in hierdie geval beslis uniek in die 21ste eeu.
“Die idee om van dié norm weg te breek, het bloot uit die fynbos self voortgespruit,” het Vicki aan gaste vertel. “Dit het my opgeval dat nie een van die plante in isolasie leef nie. Elke plant het metgesel-plante, grondsoorte en allerhande soorte insekte en bestuiwers nodig. Ons het toe besluit om ’n volledige bewaringsirkel oor hoe hulle saamwerk weer te gee.”
Volgens Sean is baie oor die Kaap bekend. “Ons het hierdie wonderlike ekologie: die miere, die muise en verspreiding. Al hierdie klein interaksies wat ons bymekaar gebring het, insluitend die storie van bestuiwing,” het hy gesê.
“Ons was baie gelukkig omdat ons die afgelope vier jaar voltydse etomoloë by Grootbos gehad het en ’n hele klomp navorsing daaroor kon doen. Die narratief sluit ook vuur in (wat noodsaaklik is vir fynbos), die woude en luiperds van die streek.
“Ons het ook wonderlike botaniese erfenis. Vir duisende jare het mense in hierdie landskap gewoon en hulle het hierdie plante gebruik. Baie van daardie kennis het verlore gegaan, maar hierdie ongelooflike erfenis is vandag nog in gebruik. Ons maak daarop staat vir welstand, vir stap, vir water. Dis antieke en huidige erfenis.
“Dan uiteindelik, die grootste ding van hierdie storie is die bedreiging. Dit is wonderlik om oor hierdie plante te praat en hulle ten toon te stel, maar hulle word hoogs bedreig. En baie is besig om te verdwyn,” het Sean vertel.
Wat die toekoms inhou, het Vicki afgesluit deur te sê dat riglyne nou ingestel moet word om mense te inspireer om voort te gaan met die werk lank nadat ons nie meer hier is nie.
Lees meer: Verskeie redes om saam met Nederburg fees te vier
Of jy op soek is na ’n kragtige skootrekenaar om meer as een taak mee…
Om ’n matras aan te skaf is een van die duurste beleggings wat jy sal…
Bestanddele 500 ml (2 k) gevriesde bessies 500 ml (2 k) volroom- Griekse jogurt…
Iemand het uiteindelik kykNET se miljoenrandvraag op die gewilde vasvraprogram Wie word ’n miljoenêr? beantwoord. …
Maak werk van dié kwessies en kry weer woema terug! #rrTussenOns
Die huidige Mej. Suid-Afrika, Mia le Roux, het vandag in ’n video op sosiale media…
Hierdie webwerf gebruik koekies.