kategorieë: ReisOntspanning

Uitstappie-inspirasie vir die winterskoolvakansie


Besoek gerus dié webtuistes vir uitstappie-inspirasie

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

I’m Bored

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

What’s on

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Family Diary


Dié is ons gunsteling uitstappie-idees vir die skoolvakansie:

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Shaolin Monks by Monte Casino (JHB)

Die wêreldbekende Shaolin Monks is terug met ’n asemrowende opvoering van antieke gevegkunste. In dié opvoering word die gehoor op ’n reis deur Sjina se geskiedenis geneem met deskundige vertonings van Kung Fu – ’n vorm van selfverdediging wat meer as vyf dekades gelede deur die Shaolin Tempel vervolmaak is. Die vegters se presiesheid en dissipline is iets om te beleef. Ons dink Pa en Kleinboet sal beslis hiervan hou!

Waar: The Teatro by Monte Casino

Wanneer: 28 Junie – 10 Julie

Tye:

  • Dinsdae tot Saterdae om 19:30
  • Saterdae om 14:30
  • Sondae om 14:00 en 18:00

Kaartjies:

  • Vrydae, Saterdae en Sondae middae – R395 – R565 pp.
  • Dinsdae, Woensdae, Donderdae en Sondae aande – R285 – R450 pp.

Kaartjies kan op Computicket gekoop word.

Disney on Ice: Worlds of Enchantment – Grand West Arena (CPT)

Die jongste weergawe van die geliefde Disney on Ice-vertonings is weer in Suid-Afrika te sien en dié keer is Koningin Elsa, Lightning McQueen en Buzz Lightyear saam! Soos die vorige vertonings in die reeks sal al die karakters op skaatse rondbeweeg en sal Mickey en Minnie die gehoor op ’n winter-avontuur neem. Dié geleentheid is beslis een wat almal in die gesin sal geniet.

Waar: Grand West Arena

Wanneer: 6 – 10 Julie

Duur: 1 uur

Kaartjies: R150 – R400

Kaartjies kan op Computicket gekoop word.

Terracotta weermag – Silverstar Casino (JHB)

Die Terracotta Weermag is ’n wonderbaarlike versameling van klei-beelde vanuit die Eerste Sjinese Keiser se leer in 209VC. Die versameling wat tans in Suid-Afrika te sien is, is die wêreld se mees akkuraatste namaaksel van dié befaamde beelde. Daar is meer as 300 stukke in dié versameling waaronder soldate, ’n perdekar en selfs ’n aantal perde deel daarvan uitmaak. Ons dink dit sal ’n interessante, leersame uitstappie vir alle ouderdomme wees.

Waar: Silverstar Casino

Wanneer: 15 Junie – 24 Augustus

Tye: 09:00 – 19:00

Kaartjies: R79 – R140 pp.

Kaartjies kan op Webtickets gekoop word.

Shrek: die musiekblyspel – Gold Reef City (JHB)

’n Musiekblyspel van die bekende kinderfliek, Sherk, is dié skoolvakansie by die Gold Reef City-pretpark te sien. Dit beloof om propvol opwinding te wees met musiek en teks wat ooreenstemmend met dié van die fliek is. Boonop is al die toneelspelers ook Suid-Afrikaans, wat aan dié produksie ’n ekstra tikkie uniek verleen. Dit is beslis iets wat die jongspan sal geniet.

Waar: The Lyric Theatre

Wanneer: 24 Junie – 17 Julie

Duur: 2.5 uur met ’n 20min breek.

Kaartjies: R150 – R290

Kaartjies kan op Computicket gekoop word.

Dora the Explorer: Dora’s pirate adventure (JHB + DBN + CPT)

Die bekende karakter, Dora, van die kinderprogram, Dora the Explorer, is dié skoolvakansie te sien in ’n reeks interaktiewe optredes regoor Suid-Afrika. Dié optredes is nie net vermaaklik nie, maar ook opvoedkundig met geleenthede vir saam-sing en dans. Ons dink dat enige jong, Dora-liefhebber dit gate uit sal geniet!

Waar:

  • Johannesburg: Emperors Palace
  • Durban: ICC
  • Kaapstad: Grand Arena, Grand West Casino

Wanneer:

  • Johannesburg: 7 – 12 Julie
  • Durban: 1-3 Julie
  • Kaapstad: 15-17 Julie

Kaartjies: Pryse varieer afhangend van plek.

Kaartjies kan op Computicket of by jou plaaslike Checkers- en Shoprite kruidenierswinkel gekoop word.

Kunsklasse op die speseryroete – Die Barn Artist’s Studio Galery (Paarl)

Dié skoolvakansie kan kinders ouer as 7-jaar ’n reeks kunsklasse bywoon terwyl Ma en Pa die wonders van die Spesery-roete verken. Elke klas word op ’n interaktiewe wyse aangebied wat aan elke kind die geleentheid bied om sy/haar kreatiwiteit uit te leef. Boonop is dit die perfekte geleentheid vir die jongspan om nuwe maats te maak!

Waar: Die Barn Artist’s Studio Galery

Wanneer: 27 Junie – 14 Julie

Tye: 14:30 – 16:00 (Maandae  – Donderdae)

Kaartjies: R120

Bespreking is noodsaaklik. Stuur ’n SMS na 082 313 0712 of stuur ’n epos na fernmocke@gmail.com

Deel
Gepubliseer deur
Nicole Kemp

Onlangse plasings

Van Siprus se skaduwees tot Aronspoort se geheime – twee verhale vol liefde en gevaar

Wanneer gevaar met romanse gekombineer word, is ’n boek nie net ’n storie nie, maar…

13 hours Gelede

Kom Clarens toe vir die kunstefees op 1 Mei!

Die fees word vanjaar van 1 tot 4 Mei gehou.    [gallery columns="2" size="medium" ids="151862,151861"]…

14 hours Gelede

Bak vir Eid al-Fitr: Groot dinge gebeur as daar tradisie, samehorigheid en soet vieringe is

Die kern van hierdie tradisie is die kuns daarvan om so te bak dat eenvoudige…

17 hours Gelede

Duncan Johnson oor ‘Skemergrond’ se skurk: ‘My waardes verskil hemelsbreed van Beeno s’n’

    In die wêreld van televisie en teater is die rol van die skurk…

19 hours Gelede

Skuinskoek

Genoeg vir 8   Bestanddele   625 ml (2½ k) koekmeel 125 ml (½ k)…

4 days Gelede

Vinnige Peppermint Crisp-tert

Mev. Sannie Bosman van Pretoria was in Mei, 2005 ons Teetydtreffer-wenner vir haar lekker vinnige…

4 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.