500 g gaar pasta van jou keuse (ons het penne gebruik)
250 g spek, in blokkies gesny en bros gebraai
125 g klaarbereide basiliekruidpesto
60 ml (¼ k) geurige, swart olywe
60 ml (¼ k) gekrummelde fetakaas
Instructions
Kook al die bestanddele vir die tamatiesous vir 10 min. oor matige hitte. Maak die tamaties met ’n handmenger of vurk fyner (dit hoef nie so fyn te wees nie). Gooi die helfte van die sous in ’n vriessakkie en vries.
Skakel die oondroosteraan. Sit die kersietamaties in ’n oondpan, gooi die olie oor en geur met sout. Rooster vir ’n paar min. Strooi die dennepitte oor en rooster verder tot die neute goudbruin is. Haal uit. Hou die helfte van die geroosterde tamaties uit vir Saterdag se groenboneslaai.
Meng die tamatiesous deur die gaar pasta. Pak dit uit saam met die ander bestanddele wat in klein bakkies opgedien word. Elkeen voeg dan sy eie kombinasie by die basiese tamatiesous.