kategorieë: DieetGesondheid

Uiteetkunsies vir banters en diëters

Is jy ’n banter of ’n gebalanseerde? Lees hier watter dieet die beste vir jou is.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

#rooirosewenk: Eet as voorgereg iets met vet (soos kaas), sodat jy gouer versadig sal voel.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }
Op die spyskaart Vir banters Vir gebalanseerdes
Voorgereg Griekse slaai. (Bestel sonder die bruschetta en vra vir olyfolie pleks van slaaisous). avokado ritz. Griekse slaai. Bestel sonder die bruschetta en vra vir olyfolie pleks van slaaisous.
Ligte etes Peri-peri-hoenderlewertjies; slakke met knoffel en mozzarella; trinchado; blackened calamari sonder ’n degie; gerookte salmslaai; warm hoenderslaai; Caesarslaai (los die croutons en slaaisous en gooi olyfolie oor). Oondgeroosterde calamari (sonder skyfies of rys;
vra vir ’n gebakte of gekookte aartappel); carpaccio; gerookte salmslaai; warm hoenderslaai. Bestel die slaai sonder die bruschetta, en vra vir olyfolie pleks van slaaisous (maar gebruik min olie).
Burgers Enige burger, maar los die broodrolletjie en skyfies, en vra vir slaai of ekstra kaas in die plek daarvan. Enige burger. Los die skyfies en vra vir ekstra slaai. Los die broodrolletjie. Die souse is óf te soet óf te vetterig. Ruil souse liewer vir ’n skyf kaas.
Biefstuk Enige biefstuk met die geroosterde uieringe (maar los die rys en aartappels); bief-schnitzel; espatada; biltong-en-avokado-rump. Banters eet nie meer vleis as gebalanseerdes nie. ’n Vroueporsie van 200 g is dubbel soveel as ’n normale porsie vleis. Sny dadelik die helfte van jou biefstuk af, en vra die kelner vir ’n braksakkie. Enige biefstuk; biltong-en-avokado-rump. Maar los die uie, rys en aartappels. Vra vir ekstra slaai sonder slaaisous in die plek daarvan. ’n Vroueporsie van 200 g is dubbel soveel as ’n dieetporsie. Sny dadelik die helfte van jou biefstuk af, en vra die kelner vir ’n braksakkie.
Pizza en pasta Nie vir Banters nie. Enige pizza en pasta. Maar as jy gewig wil afskud, is die porsies te groot. Bestel dus ’n dun kors of eet net die helfte van die kors.
Seekos Enige van die seekosgeregte met suurlemoenbotter. Net een voorwaarde: los die skyfies, rys en Tartaarse sous. Vra vir vars suurlemoenskyfies en slaai. Enige van die seekosgeregte maar laat dit rooster, eerder as om dit te braai. Vra vir vars suurlemoenskyfies en slaai sonder sous in die plek van skyfies, rys en Tartaarse sous.
Nagereg Eintlik is Banters te versadig vir nagereg. Gewone koffie met room is die ideale afronding, mits jy nog honger is. ’n Halfporsie sjokolademousse met room
is die naasbeste keuse.
Hmm … eintlik eet gebalanseerdes ’n vars vrug as nagereg, as hulle nog honger is. Dié spyskaart het werklik geen nagereg vir gebalanseerde diëters nie, behalwe dalk Ierse koffie.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }
Deel
Gepubliseer deur
Michelle Nortje

Onlangse plasings

Geroosterde pampoenskywe met tiemie-en-parmesaan-granola

Granola is deesdae nie net meer vir ontbyt bedoel nie. Hierdie krakerige kombinasie van sade…

1 day Gelede

‘The Mommy Club: Van die Hoofstad’: Ontmoet die glansryke vroue van die splinternuwe werklikheidsreeks

Showmax het pas die amptelike lokprent vir The Mommy Club: Van die Hoofstad, vrygestel. Dis…

1 day Gelede

Appel-peer-en-karamel-tert

Genoeg vir 8       Bestanddele   Tertdeeg 375 g koekmeel  2,5 ml (½…

2 days Gelede

‘Kokkedoor Vuur & Vlam’: Klein vissies kelder een span en laat ’n ander span juig!

In die derde episode van kykNET se skitterende Kokkedoor Vuur & Vlam-reeks moes die deelnemers…

2 days Gelede

Suid-Afrika skitter by Louvre Abu Dhabi

Deur Maryke Roberts. Foto's: Maryke Roberst en verskaf/Departement Kultuur en Toerisme, Abu Dhabi    …

2 days Gelede

Hoe om brandrissie-olie te maak

Brandrissies is nie in almal se smaak nie en nie almal se palet hou van…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.