“Hoe voel dit om na twee en ’n half jaar in Suid-Korea terug te wees in die land?”
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }My reaksie op dié vraag klink seker al teen dié tyd soos ’n gebreekte grammofoonplaat. Maar dis die eerlike waarheid. Genuine.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }“Dis só lekker!”
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }Om my familie drukkies te gee. Om uiteindelik my suster se nuwe bondeltjie vreugde in lewende lywe te ontmoet (al die Skype sessies moes gehelp het, want sy het nie eers geboe of -baa tydens die eerste vashou nie.) Om maande se verlore geselsies met kosbare vriende in te haal. Om rustig langs die kus te ry en opnuut te besef hoe asem-snak mooi ons land is. Om spasie te sien. Om Afrikaans te praat. Om Suid-Afrika se ongelooflike diversiteit in ons strate te kan sien, in die kos te kan proe en in gesprekke te kan ervaar. Om heerlike, plaaslike wyn te koop en nie ’n arm en’n been daarvoor hoef te betaal nie.Om te sien dat kinders nog buite kan baljaar en nie 24 uur ’n dag voor ’n rekenaar vasgenael sit nie.
O, dis lekker om een-twee-drie in ’n supermark rond te drentel en met toe oë te kan sê waar wat op die rakke sal lê. Om die TV aan te skakel en te sien dat Noot vir Noot se vriendelike drommer steeds die tyd van sy lewe op die verhoog het. Om met ’n trotse hart die vriendelikheid van ons nasie van voor af opreg te waardeer.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }Hoe heerlik is dit nie om die foon op te tel en só maklik verblyf te boek of ’n tafel by jou gunstelingrestaurant te bespreek nie. Om nie oor en oor aan iemand te verduidelik dat jy eintlik met “robot” “verkeerslig bedoel het nie. Dat “chips” Simba chips óf slaps chips kan beteken en dat ons hier ons grondboontjiebotter met stroop eet. Nee, nie maple syrup nie, maar goue stroop. Illovo s’n. Dis pure genot om by enige winkel in te stap en onmiddellik my skoengrootte te kry. Dis die klein dingetjies…
“So, gaan jy nou hier bly?”
Die opvolg-vraag.
Dis moeilik om te antwoord. Want ek is geweldig lief vir my land. En dis nie aldag maklik om so ver van jou familie te woon nie. En ek is uiters gelukkig hier.
Maar…diep binne my fluister ’n stemmetjie: jou reisjoernaal het nog hopeloos te veel leë bladsye wat volgeskryf moet word. Bly jy hier, haak jy vas. Die tyd om te beweeg, te ontdek, te beleef is nóú. Jy weet mos, vir jou is die lewe te kort om op een plek te woon.
Dan antwoord ek met ’n lang sug: “Dalk oor ’n paar jaar, maar nog nie nou nie.”
En as ek mooi luister, kan ek hoor hoe Asië roep. Saggies, maar hoorbaar.
Kan my kat of hond ook Alzheimersiekte kry? Dis wat jy moet weet oor "canine…
Sodra jy dink jy het al die voorskrifte onder die knie, hoor jy daar is…
Het jy geweet jou baba of peuter moet letterlik leer om sintuiglike inligting te filtreer…
Genoeg vir 6 Bestanddele 625 ml (2½ k) tee-en-vrugtesap 30 ml (2 e) gelatienpoeier…
Buiten vir sy uitsonderlike talent as musikant en liedjieskrywer, is Len Muller ook bekend as…
Hierdie webwerf gebruik koekies.