1. Smelt die botter in ’n groot kastrol. Voeg die uie by sodra die botter goudkleurig is. Roer die uie goed deur tot dit heeltemal met die botter bedek is en soteer oor lae hitte tot sag en bruin.Uiesop
Ingredients
Instructions
2. Verhit die aftreksel in die mikrogolf of in ’n ander kastrol. Verhit die res van die botter in ’n kleiner kastrol. Voeg die meel by sodra die botter goudkleurig is. Meng tot dit ’n pasta vorm. Voeg 2 k van die warm aftreksel bietjie vir bietjie by. Roer deurentyd om klonte te voorkom.
3. Voeg die meelmengsel by die gaar uie. Voeg die res van die aftreksel by en meng goed. Laat prut vir sowat 10 min oor lae hitte.
4. Skakel die oondrooster aan. Smeer die brood met die knoffelhuisie en sny in dik skywe.
5. Voeg die brandewyn by die sop en roer deur. Verdeel die sop tussen 6 bakkies. Sit ’n sny brood met kaas op elke sopbakkie en rooster vir sowat 3 min. of tot die kaas goudkleurig is. Sit dadelik voor.