kategorieë: DieetGesondheid

Uie is baie goed vir jou – al laat dit jou oë traan!

Uie is goed vir jou – al laat dit jou oë traan! deur Salomé Delport. Foto’s: Pexels

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Hoekom laat uie jou oë traan?

Volgens die National Onion Association begin jou trane by swael – jy ken dit as die kenmerkende reuk van ’n vuurhoutjie wat pas aan die brand gesteek is. Dit is in knoffel ook.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Uie neem swael baie doeltreffend uit die grond op en omskep dit in swaeloksied. Wanneer jy die ui skil, kom dit in aanraking met ’n spesifieke ensiem wat dit in sinpropanetiaal-swaeloksiedgas omskep – die rede vir jou trane.

Lees ook: Die 10 beste dieetkosse

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Is uie jou trane werd?

Beslis.

Volgens navorsingsresultate van die Wageningen-landbou-universiteit in Nederland is uie een van die onderskatte superkosse.

Die verskillende swaelverbindings in uie is kragtige kiemdoders wat onder meer Helicobacter pylori, die organisme wat aan maagsere verbind word, doodmaak.

Dit is een van ons beste bronne van probiotika, terwyl dit dubbel soveel kwersitien as appels en tee bevat.

As jy dink jy het ’n risiko op kankers en hartvatsiektes, maak seker dat jy genoeg uie eet, want hierdie anti-oksidant help om jou daarteen te beskerm.

Die jongste is dat uie ook bloedverdunners bevat, wat jou teen beroerte beskerm.

Maar jy kan minder huil

Plaas die ui in die vrieskas vir ongeveer 15 minute voor dit gesny word. Dit verminder die hoeveelheid suur ensieme wat in die lug vrygestel word en het geen effek op die smaak nie.

Wit- en rooi-uie maak meer van die ensieme wat hierdie “traangas” vorm, terwyl jonguie en salotte minder daarvan maak.

Kry die lekkerste ui-resepte op ons webwerf!

Deel
Gepubliseer deur
Catherine Schenck

Onlangse plasings

Koopgids: Ietsie spesiaals vir Ma

Shower to Shower Fresh Glow Shower Crème Die nuwe Shower to Shower Fresh Glow Shower…

1 hour Gelede

Bruintjies in ’n eiertjie

Genoeg vir 12 eiertjies of 6 bruintjies as jy dit in ’n muffinpannetjie bak

19 hours Gelede

Ontmoet die akteurs van ‘Niggies’ se 1980’s-era

Episode 4 van Niggies begin in 1966 en wys, onder meer, hoe André (Janru Steenkamp)…

21 hours Gelede

La Maison Pommery keer terug na Suid-Afrika

Woorde: Maryke Roberts. Foto’s: Clifford Roberts en verskaf     Die handelsmerk was vir etlike…

23 hours Gelede

Voel jou tiener eensaam?

Al meer tieners en jong volwassenes erken hulle is eensaam. Waarop moet ouers bedag wees?

4 days Gelede

Spaanse chorizo-pasta

Genoeg vir 6.   Bestanddele   15 ml (1 e) olyfolie 100 g repiesspek, in…

4 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.