kategorieë: Reis

Tydlose Middagtee by The Maslow

Tee bestaan lankal nie meer net uit rooibos of vyf rose nie. Die tee-trend kom nou al ’n rukkie en tee-ghoeroes eksperimenteer al meer met verskillende geurkombinasies om die beste resultate te skep. Ons was by die asemrowende The Maslow Hotel in Sandton om ’n paar nuwe kombinasies te proe.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Die tydlose tradisie van middagtee is vir die eerste keer in die 19de eeu deur die 7de Hertogin van Bedford bekendgestel. Vandag, ’n paar eeue later, leef hierdie tradisie nie net in die lewens van koninklikes voort nie, maar ook in die van vroue wêreldwyd. Ter viering van Vrouemaand is rooi rose genooi om saam met ’n groep vroue, insluitend die pragtige mej. SA Rolene Strauss, ’n elegante middagtee by The Maslow Hotel in Sandton te geniet. Die eerste uitnemende middagtee van sy soort by die hotel.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

As jy lief is vir goeie tee, kan jy jouself gerus bederf met ’n middagtee by The Maslow. Die hotel se ontwerper-tee (wat spesiaal vir hul spyskaart geskep is), is verruklik. The Maslow Tea bestaan uit vyf geure; Assam, sitroengras uit Egipte, Bergamot, suiwer Afrika Rooibos en Bloublom wat soos die Jakarandablom lyk. Ander tees op die spyskaart sluit in groentee uit China en Japan, gegeurde groen sencha-tee, Milky Jin Shuan Oolong-tee, ’n verskeidenheid swart tees, tee met vrugteaftreksels, kruietee asook gegeurde rooibostee.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Middagtee by The Maslow is beskikbaar vanaf Oktober 2014 op Saterdae en Sondae tussen 14h30 en 17h30. Besoek www.suninternational.com vir meer inligting oor die middagtee of bel The Maslow by 010 226 4600.

Het jy geweet daar is ’n verskil tussen Middagtee en High Tea?

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Middagtee is tradisioneel geniet deur mense in hoë sosiale kringe. Fyn, ingewikkelde koekies en pasteitjies, porselein en “rustige” gesprekke is verwag.

High Tea was ’n jolige affêre waar die familie bymekaargekom het sodra die man van die huis na ’n lang dag se werk tuisgekom het. ’n Hartlike High Tea is bedien op tafels wat kreun onder eenvoudige vars kos wat gereeld in die plek van aandete bedien is. Swaar teepotte het teekoppies met sterk tee gevul. Versnaperings sou bestaan uit gerookte ham, ’n eier-en-spek-pastei met tamaties en bronkors; garnale met brood en botter, heuning en konfyt asook swaar koeke van resepte eie aan die spesifieke streek.


Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose

Onlangse plasings

Het jy wat dit vat vir ‘Die brug’ se tweede seisoen?

Iewers op ’n eiland met ’n toring staan nog ’n skatkis wat R1 miljoen kontant…

5 hours Gelede

Smelt-in-die-mond-koekies

Maak 30 koekies • 500 ml (2 k) koekmeel • 80 ml (1⁄3 k) kakao…

7 hours Gelede

Geurige tamatie-en-wors-gebak

Geurige tamatie-en-wors-gebak. Resep deur Vickie de Beer   Lees ook: Geurige worsies met sampioene en…

7 hours Gelede

Gebakte Carbonara

Vir hierdie heerlike gebakte Carbonara druk jy die blokkies mozzarella tussen die pennepasta in! Resep…

7 hours Gelede

Ribollita

Ribollita is ’n Toskaanse sopbredie. Dit word soos ’n sop gemaak maar is so lekker…

7 hours Gelede

Kaas-en-Marmite-mosbolletjiebrood

Kaas-en-Marmite-mosbolletjiebrood deur Vickie de Beer. Foto: Lindy Kriek  

8 hours Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.