kategorieë: Doen dit selfLeefstyl

Tyd vir tee

Deur Elandrè Swart. Hooffoto: pexels.com

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

5 Wenke vir ’n teepartytjie by die huis

1 Opsies

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Dis altyd moeilik om almal se tee-keuses te onthou. Belê in tee-vir-een teepotjies vir jou gaste sodat elkeen hul eie een het.

Lees ook: Breekware vir beginners

2 Voorbereiding

Maak seker jy het genoeg kookwater. Jy kan ’n teepot-verwarmer gebruik om seker te maak jou water bly warm.

Lees ook: Die lekkerste teetydresepte

3 Iets nuuts

In plaas van ’n teepartytjie kan jy ’n tee-proe hou. Vra jou gaste om elkeen ’n interessante pakkie tee te bring sodat almal iets nuuts kan probeer.

4 Seisoen

Dink aan die dag waarop jy dit gaan hou. As dit dalk te warm is vir tee, probeer koue drankies met ’n tee-basis soos byvoorbeeld tuisgemaakte ystee met bessies.

Lees ook: 3 heerlike ystee-resepte

5 Gemak

Hou jou teepartytjie informeel. Oor die jare is baie van ons se teestelle nie meer volledig nie, om ’n verskeidenheid teekoppies te hê is ’n nuwe neiging in dekor.

Foto: Charles Russel

Gaan uit vir tee

Ka Pa Tee: (De Waterkant, Kaapstad)

Ka Pa Tee is ’n teekroeg in Kaapstad waar tee van regoor die wêreld gekoop en geproe kan word. Vir R100 kan jy vyf verskillende tees proe en vir R150 kan jy ’n tee-en-brownie passing doen.

Kontak: kapatee16@gmail.com

Mount Nelson

Middagtee is een van die Mount Nelson se grootste tradisies wat al vir jare gehou word. ’n Groot verskeidenheid word hier aangebied met meer as 40 tees om van te kies en vingerhappies om daarmee saam te geniet. Daar is ook ’n teekenner aan diens vir enige navrae wat jy dalk mag hê. Kostes vanaf R285.

Kontak: restaurantreservations.mnh@belmond.com

Lady Bonin

Kyk uit vir die boheemse blou karavaan vir hierdie rondritser. Lady Bonin reis na al die verskillende markte en feeste. Sy bied ’n alternatief aan vir wegneemkoffie. Met meer as 23 verskillende tees beskikbaar is sy definitief iemand om voor uit te kyk.

Kontak: 083 628 2504

Harbour House (Constantia Nek)

Met sy panoramiese uitsig oor die Constantiavallei, op een van die oudste wynplase van die omgewing, is Harbour House met sy middagtees van Maandae tot Saterdae van 14:00-17:00. Daar is twee verskillende potte tee om van te kies en selfs ’n vonkelwyn- en ’n koffie-opsie. Jy kan kies tussen die klein opsie vir R300 vir twee met ligter vingerhappies of die groter opsie vir R530 vir twee met ’n groter verskeidenheid van eetgoed.

Kontak: constantianek@harbourhouse.co.za

Produkte vir jou eie teepartytjie

  1. Le Creuset tee-vir-een beker (R530) Takealot
  2. Sama Doya 450ml glasteepot met verwarmer (R4850) The Tea Merchant
  3. Tee-vir-een beker (R499.95) Peacock tea and coffee
  4. Nigiro teepot verwarmer (R189) Yuppiechef
  5. Le’Xpress vlekvrye staal tee-trekpot (R96) Faithful to nature
  6. Warmwaterfles (R450) Woolworths
  7. Koper tee-trekpot (infuser) (R99) @Home
  8. Eat Art 8 verskillende botaniese tees (R299) Yuppiechef
  9. Viva Scandanavia ystee-trekpot (Infuser) (R549) @Home
  10. Geskenkpak (R182) Lady Bonin’s tea

Verksaffers:

Yuppiechef |yuppiechef.com

Takealot |takealot.com

Faithful to nature |faithful-to-nature.co.za

The tea merchant |theteamerchant.co.za

Lady Bonin’s tea |ladyboinstea.com

Peacock tea and coffee |peacockteaandcoffee.co.za

Woolworths |woolworths.co.za

Deel
Gepubliseer deur
Elandre Swart

Onlangse plasings

‘The Mommy Club’ se Johandri: “As dit soos hoërskooldrama voel, hou ek my afstand”

Showmax se gewilde werklikheidsreeks, The Mommy Club: Van die Hoofstad bied ’n vars, maar soms…

1 day Gelede

Nuwe herfsspyskaart by Creation is meer as kos en wyn

Deur Maryke Roberts. Foto’s: Clifford Roberts     Creation het ook pas by die Eat…

1 day Gelede

Koek met sjokolade en souterige karamel

Lewer 1 groot koek   Bestanddele   Karamel met sout 200 g suiker 60 ml…

1 day Gelede

Vyf vrae aan Anna Davel oor Suidoosterfees se ‘Konsert van Hoop’

Die 22ste Suidoosterfees word ingelui deur ’n indrukwekkende konsert van populêre en klassieke musiek. Anna…

1 day Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met Kristen Raath oor ‘Niggies’ en ma-wees op skerm

Hooffoto: Stavros Cassapis   Sedert die eerste episode van Niggies op kykNET uitgesaai is, het…

2 days Gelede

PAS BEKEND | Nuwe kykNET-reeks verken dramas en intriges van nuuskantoor

Adri Joubert was vir twee dekades die koel, kalm, gerusstellende gesig en stem van die…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.