kategorieë: Trends

Two on Toast

Two on Toast is ’n dinamiese ontwerper-duo en tans op almal se lippe. Die rooi rose-modespan het besluit om ’n geselsie met hulle aan te knoop.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Vraag & Antwoord

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Wie is jul gunsteling ontwerper?

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Ons is albei gaande oor Suzaan Heyns omdat haar ontwerpe so inspirerend en uniek is. Haar winkel in Melrose Arch is asemrowend en ons loer altyd in om te sien waarmee sy vorendag kom. Sy is ‘n ware trendsetter!

Vertel meer oor jul gunsteling trends vir die opkomende lente/somer-seisoen?

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

As ons ‘n paar moet uitsonder, sal dit verseker die deursigtige trend, lae wit-op-wit trend en die lasersny tegnieke op kledingstukke wees. Ons is ook groot aanhangers van die plastiek trend en bied ‘n hele reeks ingevoerde plastieksandale genaamd Jelly Bunny.

Watter items uit julle reeks is gunstelinge?

Ons A-lyn maksiromp met deursigtige panele gekombineer met die een skouer valle top. Die items is baie veelsydig en die toppie kan ook by ‘n denim gedra word. Nog ‘n gunsteling is ons “Louvre” rokkie met deursigtige moue, die lasersny skemerkelkie rok en ons botaniese-patroon maksirok. Elke meisie moet ‘n paar van ons trendy plastieksandale aanskaf vir die somer!

Wat is jul doelwitte en drome vir Two on Toast?

Ons sal graag ons eie winkel in die nabye toekoms wil open asook ‘n aanlynwinkel. Ons droom ook daarvan om plaaslik werk te skep en so aan ons Suid-Afrikaanse mode-industrie te bou. Ons wil nooit stagneer nie en altyd verras met innovering en op die pols klere en leefstyl items.

Waar eet en kuier julle graag as jul ‘n draai in die Kaap kom maak?

As ons nie in Knysna gewoon het nie, sou die Kaap ons 1ste keuse wees! Ons is sushi-verslaafdes en geniet Sevruga se kos. The Pot Luck Club is ‘n heerlike ontmoetingsplek saam met vriende. Haas Collective het die heerlikste koffie en mens word altyd gelok na hul pragtige dekor-items. Woodstock is nog ‘n gunsteling waar ons rondsnuffel en middagete geniet by The Kitchen. Op ‘n sonnige dag is pizza’s op die gras by The Roundhouse ‘n gunsteling. Ons is ook mal oor The Grand en Royale Eatery vir smullekker hamburgers.

rooi rose-lesers kan Two on Toast se produkte opspoor by 40 winkels landwyd.

   

Vind ‘n lys van verskaffers op hulle blog.

Two on Toast se pop-up-winkels word gereeld in Kaapstad en Stellenbosch gehou, waar kliënte direk by hulle kan koop.

Besoek hul blog vir pragtige foto’s van hul stalletjie by laas jaar se Kamersvol Geskenke.

Deel
Gepubliseer deur
Anelle Tewson

Onlangse plasings

‘The Mommy Club’ se Johandri: “As dit soos hoërskooldrama voel, hou ek my afstand”

Showmax se gewilde werklikheidsreeks, The Mommy Club: Van die Hoofstad bied ’n vars, maar soms…

3 days Gelede

Nuwe herfsspyskaart by Creation is meer as kos en wyn

Deur Maryke Roberts. Foto’s: Clifford Roberts     Creation het ook pas by die Eat…

3 days Gelede

Koek met sjokolade en souterige karamel

Lewer 1 groot koek   Bestanddele   Karamel met sout 200 g suiker 60 ml…

3 days Gelede

Vyf vrae aan Anna Davel oor Suidoosterfees se ‘Konsert van Hoop’

Die 22ste Suidoosterfees word ingelui deur ’n indrukwekkende konsert van populêre en klassieke musiek. Anna…

3 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met Kristen Raath oor ‘Niggies’ en ma-wees op skerm

Hooffoto: Stavros Cassapis   Sedert die eerste episode van Niggies op kykNET uitgesaai is, het…

3 days Gelede

PAS BEKEND | Nuwe kykNET-reeks verken dramas en intriges van nuuskantoor

Adri Joubert was vir twee dekades die koel, kalm, gerusstellende gesig en stem van die…

3 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.