kategorieë: Ontspanning

Twintigste Decorex Kaapstad lok duisende

Maryke Roberts. Foto’s: Clifford Roberts

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Decorex Kaapstad het ook saam met die eerste Kaapstad Dekor- en Ontwerpweek geval.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Elke jaar sonder die Decorex Africa-span ’n binnenshuise ontwerpfirma uit wie se werk lof verdien. Vir 2023 het Changing Spaces, onder leiding van Cheryl Herweg, sy ontwerpvisie lewe gegee in die Ontwerper-kollig by die skou. Die ateljee skep kontemporêre ruimtes regoor die wêreld en het ’n teenwoordigheid in Suid-Afrika en die Verenigde Koninkryk. Gaste kon in ’n reuse lapagtige tent instap en hul projekte teen die materiaal geprojekteer sien.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Vanjaar se skou het verskeie eerstes gehad:

Lemon, ’n ontwerp-ateljee wat spog met ‘n wye reeks dekoratiewe- sowel as groter meublement, het sy debuut by Decorex Kaapstad gemaak. Onder die talentvolle ontwerpers agter Lemon is mede-eienaar Kevin Frankental, bekende binnenshuise ontwerper Yaniv Chen, die bekroonde Franse argitek en produkontwerper Léonard Kadid (wenner van die FD100-toekennings 2022) en die Kaapstadse kunstenaar Jade Paton.

Die Mr Price Home Shoppable Apartment was ook ’n eerste by Decorex. Hierdie leefruimte is ontwerp om die nuutste binnenshuise ontwerpneigings ten toon te stel, wat dit vir jou maklik maak om dit sonder versuim in jou eie huis in te bring. As jy iets kry waarvan jy hou, kon jy eenvoudig op die QR-kode kliek en koop, of op jou drumpel laat aflewer. Daar was ook gratis koffie en iets te kou vir besoekers.

Nog ’n eerste was ’n fisiese teenwoordigheid van die gewilde aanlynkleinhandelaar, Superbalist.com, met ’n woonstel wat een kamer in vier verskillende voorkomse vertoon het. ‘n Toegewyde QR-kode vir elke kamer sal kopers na ‘n saamgestelde mandjie van alles wat in die kamer vertoon word, lei sodat hulle hul gunsteling items – of die hele kamer – met een kliek kon koop. Hierdie unieke uitstalling vervaag die lyne tussen e-handel en baksteen-en-sement en bied konteks vir ’n funksionele- en lekker lewe. Plascon het die mure geverf om te wys hoe dramaties die impak van kleur op dekor kan wees.

LIM, Establishment, House of Kook en die vloermaatskappy, Lalegno, het stylvolle vertrekke geskep waar nie net die nuutste dekorneigings eerstehands ervaar kon word nie, maar kundiges ook dekorraad kon gee.

Kenners het by die Future of Design-ruimte praatjies oor volhoubare ontwerp, die nuutste neigings en vele meer, bespreek en tussendeur het bekende sjefs by die Samsung Bespoke Cooking Theatre hul slag agter die potte en nuutste Samsung-tegnologie kom wys.

Ontwerpers is ook vanjaar uitgenooi om volhoubaar-ontwerpte stoele in te skryf om in die sentrale restaurantarea ten toon te stel. Met beginsels soos herwin, verminder, hergebruik en weier, is skeppings van bekende plaaslike ontwerpers Andrea Kleinloog van Hesse Kleinloog, Jon Case van ARRCC, Matthew Dasneves, Sanri Pienaar, Rupert Green, Hannerie Visser, Joe Paine, Bofred en meer uitgestal.

Die nuutste digitale tegnologie, wat selfs digitale kuns op televisieskerms insluit, is vertoon en die mag van samewerking het tot uiting gekom in die uitstalling deur die Craft + Design Institute (CDI) genaamd NEXT2023. Die 24 deelnemers het onder meer Thabo Makhetha, A Love Supreme, Champel, Head On Design, Minima, Unique Driftwood Creations, Modern Gesture, Woza Moya, Knot Again en Lulasclan ingesluit en gewys hoe kreatief handwerk kan wees.

Alderman James Vos van die Stad Kaapstad se Burgemeesterskomitee vir Ekonomiese Groei het die lint geknip om die skou amptelik te open. James het vertel dat dit die 20ste jaar is wat Decorex hier in die gehou word en dit ook die KIKS se heel eerste uitstalling 20 jaar gelede was. “Nou – danksy die Stad en KIKS se harde werk – is die sentrum volbespreek tot 2026 met 400 konferensies.

Hy het ook vertel dat Kaapstad pas die “Ease of Doing Business Index” van stapel gestuur het, om ekonomiese groei en werkskepping te bespoedig en sodoende Kaapstad die maklikste plek in Afrika om sake te doen, te maak. Die indeks poog om die tyd, koste en kompleksiteit rondom aansoeke, goedkeuring, sertifisering en lisensies vir entrepreneurs te verkort en te vergemaklik.

Carol Weaving van Reed Exhibitions wat Decorex organiseer en aanbied, Alderman James Vos van die Stad Kaapstad se Burgemeesterskomitee vir Ekonomiese Groei wat die lint geknip het en Bielle Bellingham, Decorex Africa se uitvoerende kreatiewe direkteur, by die Future of Design Studio nadat die skou amptelik geopen is.

Decorex is moontlik gemaak deur Plascon, Lexus, Samsung en Sanlam Private Wealth en word deur die Stad Kaapstad gehou. Borgskappe maak dit vir kleiner handwerkers, kunstenaars en ontwerpers om ook stalletjies te kan bekostig en hul ware aan die wêreld bekend te stel. Decorex Kaapstad is nog aan tot Sondag.

Besoek www.decorex.co.za vir meer inligting.

Lees ook: Wintershande? Ons het die allerbeste raad opgespoor

Deel
Gepubliseer deur
Karlien Meiring

Onlangse plasings

EKSKLUSIEWE FOTO’S: Donnalee Roberts vier veertig keer om die son!

Deur Karlien Meiring. Foto’s: Shavaune Photography   Donnalee Roberts, die geliefde aktrise, skrywer, rolprentmaker en…

2 days Gelede

Plante wat kleur en geur by jou tuin sal voeg

Deur Christa Swanepoel   Dis heerlik om hierdie tyd van die jaar nuwe groei in…

2 days Gelede

Vyf ‘Diepe Waters’-storielyne wat jou in September geboei gaan hou

Hou vas aan jou stoel, want Diepe Waters gaan vir ‘n wipwarit in September sorg.   Hier’s…

2 days Gelede

Hoe om jou wintersklere reg weg te stoor

Daar is nie ’n beter tyd as die begin van die lente om jou kas…

2 days Gelede

5 van ons beste ontbytresepte

Eksperimenteer met verskillende ontbytresepte om jou dag sommer van die begin af op te kikker.…

3 days Gelede

Cappuccino-kolwyntjies

Bestanddele   Ons het die oulike sjokolade-skyfies by Clicks gekoop. 12 sjokoladekolwyntjies 125 ml(½ k)…

3 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.