kategorieë: Ontspanning

Twilight is 10 jaar oud

Stephenie Meyer het talle aanhangers verras deur die reeks met nóg ’n boek genaamd, Life and Death: Twilight Reimagined, aan te vul. Dié boek is ’n nuwerwetse vertelling van die oorspronklike verhaal, maar dit het ’n yslike kinkel: die geslagsrolle van die hoofkarakters is omgeruil.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Dit bring die nuwe karakters, Edythe (Edward), Julie (Jacob) en Beau (Bella) tot gevolg. Die verhaal word dus vanuit Beau se oogpunt vertel en hoewel sommige van die karakters se eienskappe deur die loop van die verhaal verander, meen Meyer dat Beau en Bella baie dieselfde is.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Dit was juis dié karakter van Bella wat Meyer geïnspireer het om die karakters se rolle om te ruil. Sy was geïnspireer deur verskeie vrae oor Bella se kwesbaarheid as mens teenoor haar vampier-vriende wat Twilight-lesers aan haar gerig het. Sy wou met dié boek toets of ’n manlike karakter dieselfde mate van kwesbaarheid sou ervaar en die antwoord is inderdaad, ja.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Die nuwe vertelling was veronderstel om bloot oor ’n paar hoofstukke te strek, maar ná Meyer die voorwoord geskryf het, het ongeveer 400 bladsye van ’n nuwe fantasiewêreld gou daarop gevolg. Daar is selfs ’n nuwe voorblad ontwerp waarin die ikoniese rooi appel deur ’n glinsterende Granny Smith vervang is.

Dié weergawe is egter nie alleenlik beskikbaar nie. Dit vorm deel van die herdenkingsuitgawe van die oorspronklike verhaal. Kyk dus uit vir die oorspronklike Twilight-voorblad met die nuwe ontwerp op die keersy.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose

Onlangse plasings

Badpret: gee jou baba ’n voorsprong!

Het jy geweet teen die ouderdom van drie is 85% van jou kleinding se brein…

4 minutes Gelede

Nuwe tydperkfliek ‘On Swift Horses’ stel die vraag: Wat is liefde?

Deur Margaret Gardiner  Liefde is iets waarna ons soek. Vele goeie boeke, flieks en liedjies…

4 hours Gelede

‘The Mommy Club’ se Johandri: “As dit soos hoërskooldrama voel, hou ek my afstand”

Showmax se gewilde werklikheidsreeks, The Mommy Club: Van die Hoofstad bied ’n vars, maar soms…

4 days Gelede

Nuwe herfsspyskaart by Creation is meer as kos en wyn

Deur Maryke Roberts. Foto’s: Clifford Roberts     Creation het ook pas by die Eat…

4 days Gelede

Koek met sjokolade en souterige karamel

Lewer 1 groot koek   Bestanddele   Karamel met sout 200 g suiker 60 ml…

4 days Gelede

Vyf vrae aan Anna Davel oor Suidoosterfees se ‘Konsert van Hoop’

Die 22ste Suidoosterfees word ingelui deur ’n indrukwekkende konsert van populêre en klassieke musiek. Anna…

4 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.