kategorieë: Bekendes

Tweede seisoen van Sara se Geheim op pad

Volgens Anneke Villet, toesighoudende vervaardiger vir Sara se Geheim by kykNET, was die eerste seisoen vir kykers ’n roerende ervaring:

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

“Die universele temas van liefde, opoffering, verlies, skande en leuens het gespreek tot ’n breë spektrum van kykers – oud en jonk. Seisoen twee gaan selfs meer geheime en onthullings navore bring. Sara se grootste geheim dreig om uiteindelik die lig te sien, Johan en Nicola se huwelik is op die spel, Maggie se stryd is nog ver van verby en die saak teen die Astonia-verkragters word in die hof bedwing.”

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Roberta Durrant, vervaardiger van Penguim Films het bevestig dat die skrywers reeds besig is om aan die nuwe tekste te skaaf en hulle hoop om in Oktober 2017 aan die opvolgreeks te begin skiet. Kykers sal egter tot volgende jaar moet wag om die nuwe seisoen op lug te sien.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Lees ook: Ons gesels met Lee-Ann van Die Boekklub

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Dit is egter nog net die begin vir die Dinsdagaand drama-tydgleuf op kykNET. Die tweede reeks van Boekklub is volgende week terug op kykNET (DStv-kanaal 144) om 20:00.

Lees ook: Verfilming aan Die Boekklub II begin

Ander kykNET-drama’s wat tans in produksie is, is Waterfront wat in Kaapstad geskiet word. Hierdie is ’n drama in samewerking met Showmax en sal Oktober 2017 op kykNET (DStv-kanaal 144) én op Showmax beskikbaar wees.

Lees meer oor kykNET se nuwe drama, Waterfront

Daar word ook binnekort aan ’n nuwe Paul C. Venter-drama geskiet. Dié reeks, Knapse Kêrels, sal in Januarie 2017 uitgesaai word.

Deel
Gepubliseer deur
Michelle Nortje

Onlangse plasings

Nuwe tydperkfliek ‘On Swift Horses’ stel die vraag: Wat is liefde?

Deur Margaret Gardiner  Liefde is iets waarna ons soek. Vele goeie boeke, flieks en liedjies…

4 hours Gelede

‘The Mommy Club’ se Johandri: “As dit soos hoërskooldrama voel, hou ek my afstand”

Showmax se gewilde werklikheidsreeks, The Mommy Club: Van die Hoofstad bied ’n vars, maar soms…

4 days Gelede

Nuwe herfsspyskaart by Creation is meer as kos en wyn

Deur Maryke Roberts. Foto’s: Clifford Roberts     Creation het ook pas by die Eat…

4 days Gelede

Koek met sjokolade en souterige karamel

Lewer 1 groot koek   Bestanddele   Karamel met sout 200 g suiker 60 ml…

4 days Gelede

Vyf vrae aan Anna Davel oor Suidoosterfees se ‘Konsert van Hoop’

Die 22ste Suidoosterfees word ingelui deur ’n indrukwekkende konsert van populêre en klassieke musiek. Anna…

4 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae met Kristen Raath oor ‘Niggies’ en ma-wees op skerm

Hooffoto: Stavros Cassapis   Sedert die eerste episode van Niggies op kykNET uitgesaai is, het…

4 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.