kategorieë: Ontspanning

Twee eeue van erfenis gevier

Deur Maryke Roberts. Foto’s: Clifford Roberts

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Hier word sedert die laat 17de eeu wyn gemaak en baie plase is al vir baie geslagte in dieselfde familie.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Elkeen van die ses Erfenisproeë vind op ‘n ander, historiese plek plaas en word deur ‘n wynmaker of wingerdboukundige aangebied. Die ervaring is ‘n geleentheid om insig te kry in die verlede, maar ook die opwindende wynmaaktoekoms van hierdie bekroonde wynstreek van die Kaap.

Ons is bevoorreg om ook genooi te word na die derde geleentheid by De Grendel en bespreek sommer verblyf by die geskiedkundige Meerendal-opstal wat dateer uit 1702. Die eerste twee etes is by Meerendal en Bloemendal gehou.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Meerendal se herehuis is ‘n klein boetiekhotel en voor die kaggel met ‘n glasie rooiwyn kon ons bevrore voete ontdooi, voor ons De Grendel toe ry vir die spesiale aandete aan huis van die vierde baronet en eienaar van die plaas, Sir De Villiers Graaff en sy vrou, Lady Gaedry, saam met keldermeester Charles Hopkins en sy vrou, Annaline.

Keldermeester Charles Hopkins en sy vrou, Anneline en Lady Gaedry en Sir De Villiers Graaff, met een van hul vierbeenkinders, Fynn Graaff.

Die Herehuis dateer uit 1898 en is gebou wat toe nog die platteland was en vandag deel van die groter Kaapstad en Durbanville is. Die Victoriaanse herehuis is in die styl van argitek Herbert Baker se unieke benadering tot die Kaaps-Hollandse gewelstyl. Baker, wat die Uniegebou en ander bekende en grootse Suid-Afrikaanse geboue ontwerp het, het die De Grendel se herehuis ontwerp op ‘n manier wat die grootsheid en ryk geskiedenis van die Graaffs weerspieël, vertel sir De Villiers ons voor die kaggel met glasies De Grendel Gaedry Blanc de Blanc 2020 en Namibiese oesters met yusu, soja en sjalot. Teen die mure hang historiese ou kunswerke en hy vertel voorts: “Die eerste baronet, sir David Graaff, my oupagrootjie, het pas die plaas gekoop waar hy sy gewaardeerde Arabiese perde en Friesland-beeste gevestig het. In die vroeë dae is Graaff se koetse vir sy perde op die heuwel van De Grendel se herehuis in die Koetshuis aangehou. Dit was oorspronklik ‘n rusplek vir reisigers voordat hulle die Tygerberg oorgesteek het op pad na die binneland, en vandag dra ons Sauvignon Blanc die naam  Koetshuis.”

Die Herehuis dateer uit 1898 en is gebou wat toe nog die platteland was en vandag deel van die groter Kaapstad en Durbanville is. Die Victoriaanse herehuis is in die styl van argitek Herbert Baker se unieke benadering tot die Kaaps-Hollandse gewelstyl. more
Een van die talle historiese skilderye in die huis, wat uit die laat 18de eeu dateer en duidelik wys hoe landelik die omgewing was wat vandag deel van Kaapstad en Durbanville is.

Ons hoor dat hy kort ná sy bedanking as kabinetslid in 1913,  die huis vergroot het. ’n Derde gewel is asimmetries by die imposante dubbelverdieping-opstal met sy agt slaapkamers gevoeg. Ten tyde van Graaff se uitbreidings van die herehuis het hy ‘n klein kerkie laat bou vir die gebruik van die mense in die buurt. ’n Vooraanstaande Kaapse argitektefirma, Parker & Forsyth, het die planne opgestel. En die klein klipkerk die Tygerbergkerk genoem. In die begraafplaas langs die kerkie rus al die oorlede Graaff-baronette en lede van hul gesinne.

Ons stap deur na die eetkamer en doen eers ‘n wynproe. Die wyne wat Charles voorsit, is die 2017 en 2023 Koetshuis Sauvignon Blanc; die Op Die Berg Chardonnay 2023 en Op Die Berg Syrah 2021; die 2010 and 2019 Rubaiyat 2010 en 2019 – die vlagskip van die plaas.

Al die wyne se etikette verwys na historiese mense, gebeure of geboue op die plaas.
Ons stap deur na die eetkamer en doen eers ‘n wynproe. Die wyne wat Charles voorsit, is die 2017 en 2023 Koetshuis Sauvignon Blanc; die Op Die Berg Chardonnay 2023 en Op Die Berg Syrah 2021; die 2010 and 2019 Rubaiyat 2010 en 2019 – die vlagskip van die plaas. more

Dan geniet ons die kos van sjef Ian Bergh en junior sous-sjef Leo Ferreira. Die voorgereg is langoustine tortelini met kammossels, aspersies en romerige konjak bisque. Dit word saam met die De Grendel Winifred 2023 geniet. Die wyn se eerste oesjaar is by die kelder se opening in 2003 bekend gestel. Hoofgereg is die lamsrak, ertjies, aartappel fondant, babawortels en biertiemiesous. Dis met die Sir David Graaff 1st Baronet of Cape Town 2015 bedien.

De Grendel Gaedry Blanc de Blanc 2020 is droog en beskuitjieagtig op die tong.
Saam met die vonkelwyn is Namibiese oesters met yusu, soja en sjalot geniet.
Die voorgereg is langoustine tortelini met kammossels, aspersies en romerige konjak bisque. Dit word saam met die De Grendel Winifred 2023 geniet.
Hoofgereg is die lamsrak, ertjies, aartappel fondant, babawortels en biertiemiesous. Dis met die Sir David Graaff 1st Baronet of Cape Town 2015 bedien.

Nagereg met die De Grendel Sauvignon Blanc Noble Late Harvest 2015 was mille-feuille, karamelmousse, aarbei en braam meringue.

Nagereg met die De Grendel Sauvignon Blanc Noble Late Harvest 2015 was mille-feuille, karamelmousse, aarbei en braam meringue.
Junior sous-sjef Leo Ferreira kom skud blad en vertel so bietjie van die aand se geregte. Keldermeerster Charles Hopkins luister saam.
‘n Feesmaal wat bydrae tot die statigheid en erfenis van die plaas en herehuis.

Tussen vertellings van Sir David deur, hoor ons De Grendel is bekend op twee belangrike fronte. Dit produseer van Suid-Afrika se bekoonde wyne, maar dit is ook die tuiste van die merkwaardige nalatenskap van die baanbreker Graaff-familie.

De Grendel se stigter, sir David, was ‘n sentrale figuur en dikwels hoofaanstigter in onder meer die bou van die Tafelberg-lugkabelbaan en baie van die reservoirs wat Kaapstad van sy water voorsien; rewolusie in die land se koelberging; en, die bekendstelling van elektrisiteit aan die stad. Dit was vir sy politieke en sakebydraes dat die Britse Kroon se erflike Graaff Baronetskap in 1911 gestig en toegeken is.

Charles het in 2002 die eerste De Grendel-wyne gemaak wat van die bekendstes van die Kaap geword het. Vrugte kom van die hange van die Tygerberg af, wat die gesig van die ondergaande son en koel bries van die koue Antarktiese Benguela-stroom net 7 km verder ontmoet; en, op die Ceres-plato van die Witzenberge, waar die Graaffs vir baie geslagte geboer het.

Wat ‘n voorreg om dié aand te kon meemaak en deel te word van ons land se wyn-erfenis.

Die uitsig van die stoep af na die stad se kant toe.

Die volgende Erfenisproe is Groot Phesantekraal, dan Durbanville Hills, gevolg deur Klein Roosboom en Maastricht en Nitida wat saamspan en dan Diemersdal in November.

  • Die Durbanville-wynvallei is bekend vir sy koeler klimaatwyne en het tans tien wynplase wat ‘n wye verskeidenheid style en kultivars bied. Hulle is: Bloemendal, D’Aria, De Grendel, Diemersdal, Durbanville Hills, Groot Phesantekraal, Klein Roosboom, Maastricht, Meerendal en Nitida. Diemersdal het ook pas die Genl. Smuts-trofee by die SA Jongwynskou – die oudste jongwynskou in die suidelike halfrond en een van die oudste wynskoue in die wêreld – gewen vir hul gehoute Cabernet Sauvignon en is ook aangewys as die beste gehoute Cabernet Sauvignon by die kompetisie.
  • Besoek degrendel.co.za/ vir meer oor dié historiese plaas en sy eienaars en besoek durbanvillewine.co.za/ vir alles wat jy in die vallei kan doen om te deel in die ryk erfenis.

Lees ook: SA se beste Shirazwyne net voor nasionale Shirazdag vereer

Deel
Gepubliseer deur
Karlien Meiring

Onlangse plasings

EKSKLUSIEWE FOTO’S: Donnalee Roberts vier veertig keer om die son!

Deur Karlien Meiring. Foto’s: Shavaune Photography   Donnalee Roberts, die geliefde aktrise, skrywer, rolprentmaker en…

1 day Gelede

Plante wat kleur en geur by jou tuin sal voeg

Deur Christa Swanepoel   Dis heerlik om hierdie tyd van die jaar nuwe groei in…

2 days Gelede

Vyf ‘Diepe Waters’-storielyne wat jou in September geboei gaan hou

Hou vas aan jou stoel, want Diepe Waters gaan vir ‘n wipwarit in September sorg.   Hier’s…

2 days Gelede

Hoe om jou wintersklere reg weg te stoor

Daar is nie ’n beter tyd as die begin van die lente om jou kas…

2 days Gelede

5 van ons beste ontbytresepte

Eksperimenteer met verskillende ontbytresepte om jou dag sommer van die begin af op te kikker.…

3 days Gelede

Cappuccino-kolwyntjies

Bestanddele   Ons het die oulike sjokolade-skyfies by Clicks gekoop. 12 sjokoladekolwyntjies 125 ml(½ k)…

3 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.